Eros-paar wen rolbaltitel
Eros-paar wen rolbaltitel

Eros-paar wen rolbaltitel

Andrew Poolman
Die hoogs gewilde Senior Pare-toernooi is onlangs vir die sestiende agtereenvolgende jaar deur die TransNamib rolbalklub aangebied. Vir die dertiende agtereenvolgende jaar het Trentyre die toernooi geborg. Spelers uit alle hoeke van die land word gelok om in die kompetisie kragte te meet en dit sorg vir 'n hoë standaard van rolbal. Die wenners was Ewald Vermeulen en Sheena du Toit van Eros rolbalklub. Die tweede plek is deur Will Esterhuizen en Caryl Andreas van TransNamib ingeneem, terwyl Jan Wijgergangs van Windhoek Buiteklub en Jacomien Diedericks van Eros derde klaargemaak het. Op die foto is Sheena du Toit (links) en Ewald Vermeulen (regs) saam met die gasheerklub se Horst Zimny en Bea Lamprecht tydens die prysuitdeling. Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2026-05-05

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer