Eros-gemeente gaan stad help paaie regmaak
Tanja Bause
In ’n video wat tans op sosialemediaplatforms versprei word, doen ds. Fourie van den Berg van die NG Eros-gemeente ’n beroep op Windhoekers om saam te staan en te help om die slaggate in die stad te herstel.
“Ek hardloop elke oggend en het al weens die swak straatligte in een of twee slaggate getrap. Ek het ook opgemerk die gate word al hoe groter en kry voertuigbestuurders jammer wat dalk deur dit ry en bande verloor,” het hy gesê.
Van den Berg het besluit om iets aan die saak te doen. Hy het die munisipaliteit geskakel en sy hulp aangebied.
“Die man wat in beheer van die paaie is, was ingenome met die voorstel. Hy het gesê dat hulle wel van hulle kant af ’n voorman saam met elke span sal stuur vir kwaliteitsbeheer.”
Volgens Van den Berg gaan hulle probeer om soveel slaggate as moontlik te herstel en gaan by die paaie wat die meeste verkeer dra, begin.
“Ons sal die eerste week in Februarie begin en ná my versoek in die sosiale media het ek al sewe spanne met vyf lede elk wat hulle hulp aangebied het.”
“Ons het mense nodig wat met bakkies, pikke, grawe, besems en stampers kan help. Die munisipaliteit sal al die materiaal verskaf. Ek doen ’n beroep op mense om net 2 uur van hul tyd te gee en te help sodat ons as Eros-gemeente vir die stad kan wys dat ons nie net kla en kritiseer nie, maar dat ons ons hande vuil kan maak en regmaak wat stukkend is.” - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie