Erindi-skikkingsooreenkoms uitgestel
Die saak tussen die eienaars van Erindi Private Wildreservaat en die ministerie van grondhervorming is vanoggend tot 18 April uitgestel, om die partye langer kans te gee om hul skikkingsonderhandelinge af te handel.
Erindi se regsverteenwoordigers in die saak, mnr. Sisa Namandje en adv.Raymond Heathcote, het vroeër vandag in die hoërhof gesê die betrokke partye het op ‘n datum besluit wanneer hulle hoop om die skikkingsooreenkoms te finaliseer, voor dit aan die hof voorgelê sal word.
Die hofstryd oor die hangende kooptransaksie van dié reusewildplaas van 65 000 hektaar sleep al sedert 2016 voor. Hoërhofregter Thomas Masuku het die saak ook in November verlede jaar op versoek van die betrokke partye na 28 Maart 2019 vir skikkingsonderhandelinge uitgestel.
Intussen het die Regstellende Herposisioneringsbeweging (AR) sekere eise aan die regering gestel, wat hulle wil hê deel van die skikkingsooreenkoms moet vorm. Erindi se regsverteenwoordigers het egter aangedui dat sulke eise slegs oorweeg sal word as dit deur die regering - die ander party in die hofgeding - versoek word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie