Erindi se verkoop steeds duister
Erindi se verkoop steeds duister

Erindi se verkoop steeds duister

Die eerste minister sê die regering het nie die verkoop van ’n spogoord aan 'n buitelander gemagtig nie.
Denver Kisting
Denver Kisting – In die eerste plek kán die regering nie vir Erindi verkoop nie omdat die spogwildreservaat nie aan hom behoort nie.

So sê dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila, die eerste minister.

Dit het verlede week rugbaar geword ’n buitelandse miljardêr is warm op die Erindi private wildreservaat se spoor.

Die regering het reeds te kenne gegee hy stel nie belang om self die grond aan te skaf nie.

Volgens ’n verklaring van mnr. Servaas van den Bosch, ’n plaaslike skakelbeampte, is die verkooptransaksie in ’n gevorderde stadium en onderhewig aan ’n besluit deur die Mededingingskommissie.

Kuugongelwa-Amadhila het gister gesê die verkoop en aankoop van kommersiële grond word deur wetgewing gereguleer waarvolgens die regering magtiging moet gee as ’n buitelander sulke grond wil koop.

Volgens haar is daardie magtiging nie gegee nie. Sy het op ’n vergadering in Windhoek gesê die regering “sal niks doen wat die belang van ons mense in die gedrang kan laat kom nie”.

Sy het benadruk die nasionale grondberaad het verlede jaar ooreengekom om na die belange van grondlose Namibiërs om te sien.

Dié doelwit is steeds op die agenda, het sy gesê.

‘2% MET OPE ARMS ONTVANG’

Kuugongelwa-Amadhila het oor die gewraakte 2%-pleidooi gesê: “Ons het positiewe terugvoering van ’n aantal belanghebbendes ontvang.”

Die regering het twee weke gelede skokgolwe deur die land gestuur toe ’n uitnodiging deur die eerste minister aan vakbondleiers uitgelek het.

Kragtens dié uitnodiging is ’n kabinetsbesluit onthul waarvolgens die regering alle Namibiese werknemers vra om vrywillig 2% van een maand se basiese salaris te skenk.

Dié geld sal glo onder meer vir droogtehulp aangewend word.

Gister het die eerste minister beweer “mense is optimisties” oor dié pleidooi.

Sy het ook gesê die vergadering het goed verloop, maar vakbondleiers was dit eens hulle het nie die mandaat om namens werkers in te stem tot die 2%-versoek nie.

Volgens haar het hulle nie die inisiatief in beginsel afgeskiet nie.

Mnr. Job Muniaro, die sekretaris-generaal van die Nasionale Unie vir Namibiese Werkers (NUNW), het verlede week bevestig hulle het hulle nie tydens die vergadering met die premier tot ’n antwoord verbind nie.

Vanweë die aard en omvang van die kwessie het hulle besluit om eers met die ganse vakbondleierskap te beraadslaag, het hy by navraag aan Republikein gesê.

Talle volgelinge van die koerant se Facebookblad het gister ergerlik gereageer op Kuugongelwa-Amadhila se weergawe dat die pleidooi met ope arms verwelkom word.

Een sosialemediagebruiker wou weet: “Wie het gesê ek het gesê dis oukei? Laat daai antie ophou.”

Intussen berig Augetto Graig die minister van inligting en kommunikasietegnologie, mnr. Stanley Simataa, het ook gister oor die vrywillige 2%-bydrae uitgewei.

“Dit is nie elke jaar dat die regering so ver sal gaan om burgers te vra om hande diep in hul sakke te steek en by te dra nie.

“Die bestee van die bydraes sal tot die huidige inisiatief (droogtehulp) beperk word sodat werksaamhede in hierdie sleutelbedryf nie tot stilstand kom nie. Ons het markte oral ter wêreld vir ons landbouprodukte verseker. As landbou toegelaat word om inmekaar te stort, sal daar langtermyngevolge vir die land wees.

“Van tyd tot tyd kry ons ook ondersteuning van ander lande. Hoe dink julle kry hulle die geld? Van die bydraes van hul burgers. Ek het nog nooit Namibië so troosteloos gesien nie. Hierdie droogte is een van die ergstes in my ervaring. Die geld kom nie na ons politici toe nie,” het hy gesê.

DROOGTE-UITROLPLAN KLAAR

Intussen sê Kuugongelwa-Amadhila die regering het sy plan van aksie voltooi oor hoe droogtehulp versprei sal word.

Op streekvlak word weerlose inwoners tans geïdentifiseer om veral na dié mense toe uit te reik, het sy gesê.

Volgens haar het die Namibiese weermag reeds personeellede en vragmotors beskikbaar gestel.

Private diensverskaffers sal net betrek word as daar ’n tekort is, sê sy.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 31° Rundu: 20° | 32° Eenhana: 17° | 33° Oshakati: 19° | 33° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 17° | 30° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 17° | 25° Wind speed: 19km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 16° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 18° | 29° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 21° | 32° Keetmanshoop: 22° | 33° Aranos: 18° | 31° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 22° | 33° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 30° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 11° | 24° Mbabane: 11° | 20° Maseru: 10° | 23° Antananarivo: 15° | 24° Lilongwe: 13° | 24° Maputo: 17° | 26° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 16° | 23° Durban: 15° | 24° Johannesburg: 14° | 23° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 15° | 25° Harare: 12° | 24° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.32 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.7 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.66 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 75370.99 Up +1.40% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1673.12 Up +1.85% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13354.97 Up +0.06% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9142.54 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026