Eregenootskap aan Unam se vise-kanselier
Die Universiteit van Namibië (Unam) se uittredende vise-kanselier het ’n eregenootskap in erkenning van sy roemryke loopbaan van ’n Britse universiteit ontvang. Prof. Lazarus Hangula het dié erkenning van die Cardiff Universiteit ontvang. Cardiff Universiteit werk nou saam met Unam as deel van die suksesvolle Phoenix Projek wat ten doel het om armoede te verlig, gesondheid te bevorder en ’n volhoubare omgewing teweeg te bring. Cardiff ken eregenootskappe toe aan dié wat internasionale erkenning in hul betrokke veld verwerf het.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie