Erasmus, Van Zyl behaal toppryse

Krieket
Andrew Poolman
Andrew Poolman



Vir Krieket Namibië was 2019-2020 ongetwyfeld een van die mees onvergeetlike seisoene in sy geskiedenis en hoewel sy jaarafsluitingseremonie hiervoor eers Vrydagaand afgehandel kon word vanweë die Covid-19-pandemie, is talle hoogtepunte in herinnering geroep.

Die nasionale manspan, die Eagles, se kaptein Gerhard Erasmus is welverdiend as Krieket Namibië se speler van die jaar bekroon, terwyl die vroulike toekenning aan Irené van Zyl oorhandig is.

Onder afrigterskap van Pierre de Bruyn het die Eagles verskeie belangrike internasionale deurbrake bewerkstellig wat die span tevore ontwyk het – insluitend om internasionale eendagstatus te herwin.

Sekerlik die mees aansienryke prestasie was hul kwalifisering vir die volgende T20 Wêreldbeker, wat intussen weens die pandemie tot 2021 uitgestel en na Indië as gasheerland verskuif is.

Die geskiedkundige kwalifisering is met ’n semifinaalposisie in die uitduntoernooi in Dubai behaal, waar die inspirerende kaptein Gerhard Erasmus as speler van die toernooi uitgetroon het. Met sy veelsydige kolf- en boulskofte, tesame met taktiese insig, goeie veldwerk en ’n paar asemrowende vangskote, het Erasmus vanaf die voorpunt gelei.

Vroeër in die seisoen ter sprake het Namibië ook op tuisbodem in die Internasionale Krieketraad (ICC) se laaste Wêreldkrieketliga 2-toernooi as kampioen uit ses spanne weggestap danksy ’n oorwinning in die finaal teen Oman.

Die span het ook ’n suksesvolle reis na Uganda onderneem om die ICC se Afrika T20-kwalifiserende toernooi te gaan wen.

Die Eagles het in die ICC se nuwe Wêreldbeker Liga 2 (2019-2022) ’n driehoekige eendagreeks in Florida teen die VSA en Papoea-Nieu-Guinee gewen en is tans in die vierde posisie uit sewe spanne in die liga.

Erasmus en die veelsydige Irené van Zyl het beide ook hul spanmaats se stem as spelers se speler van die jaar beklink.

Ander toekennings vir die aand:

KRIEKET NAMIBIë

Nasionale manspan, beste vordering: Karl Birkenstock (hoë werketiek op die oefenveld en gereelde ingrypende vertonings met kolf en bal).

Raymond van Schoor-toekenning (oorhandig deur Zandré Kotzé, trusteelid van die Raymond van Schoor Trust): Ben Shikongo.

Erkenning van diens aan Krieket Namibië: Hester Khan (vrouekrieket)

Erkenning van diens aan Krieket Namibië: Boeta Mouton (logistiek en reisreëlings)

Presidentstoekenning, administrateur van die jaar: Jurita Potgieter (Otjiwarongo).

Gees van krieket-toekenning: Namibië Eagles manspan.

Afrigter van die jaar: Pierre de Bruyn (Namibië Eagles manspan).

Krieket Namibië lewenslange erelidtoekenning (oorhandig deur KN se president, dr. Rudie van Vuuren): Francois Erasmus. Sy 25 jaar diens aan Krieket Namibië sluit ’n suksesvolle termyn as nasionale spanbestuurder in (1996 tot 2003), gevolg deur president van die nasionale beheerliggaam vir die toegelate tien jaar (2004 tot 2014). Hy dien sedert 2009 ook op verskeie ICC-komitees, terwyl hy ook ’n stigterslid van WHS Old Boys krieketklub is waarvan hy die huidige voorsitter is.

JEUGKRIEKET

Onder 13-speler van die jaar: Jandré Botha.

Onder 15-speler van die jaar: Romano Paulus.

Onder 19-speler van die jaar: Matthew de Gouveia.

Jeugafrigter van die jaar: Albert Mbwembwe (NSSU o.12 en o.13A).

Skole-afrigter van die jaar: Gerhard Lötter (Windhoek Gimnasium o.15 en o.19 wen beide hul liga in 2019).

KWATA ONTWIKKELINGSPROGRAM

Administrator van die jaar: Sydney Mutelo (Walvisbaai).

Kwata Skool van die jaar: Narraville Primary School.

Streek van die jaar: Khomas (vier Kwata-ligas).

Ontwikkelingsbeampte van die jaar: Justus Hangula (Erongo).

VROUEKRIEKET

Beste kolwer: Yasmeen Khan.

Beste bouler: Saima Tuhadeleni.

Nasionale vrouespan, beste vordering: Adri van der Merwe (meeste lopies)

MANS KLUBLIGAS

T20 tweede liga topkolwer: Reynhardt Schietekat (Otjiwarongo) 291 lopies.

T20 tweedeliga topbouler: Sarel Herbst (Otjiwarongo) 15 paaltjies.

Tweedeliga 30 boulbeurte topkolwer: Reynhardt Schietekat (Otjiwarongo) 336 lopies.

Tweedeliga 30 boulbeurte topbouler: Neels Labuschagne (Otjiwarongo) 12 paaltjies.

T20 eersteliga Sentraal topkolwer: Keith Kondo (Gobabis) 368 lopies.

T20 eersteliga Sentraal topbouler: Stefan Bezuidenhout (Gobabis) 19 paaltjies.

Sentraal eersteliga 40 boulbeurte topkolwer: Ewald Steenkamp (Wanderers) 324 lopies.

Sentraal 40 boulbeurte eersteliga topbouler: Lu-Hendro de Waal (Wanderers) 15 paaltjies.

Kus T20 eersteliga topkolwer: Dian Neethling (JCCA) 159 lopies.

Kus T20 eersteliga topbouler: Enrico van der Westhuizen (Sparta) 9 paaltjies.

Kus 40 boulbeurte eersteliga topkolwer: Matthew de Gouveia (Blue Waters) 300 lopies

Kus eersteliga 40 boulbeurte Topbouler: Jurie Engelbrecht (Sparta) 19 paaltjies.

T20 Premierliga topkolwer: Nicol Loftie-Eaton (CCD Tigers) 286 lopies.

T20 Premierliga topbouler: Gerhard Erasmus (WHS Old Boys) 9 paaltjies.

Premierliga 50 boulbeurte topkolwer: JP Kotzé (Wanderers) 330 lopies.

Premierliga 50 boulbeurte topbouler: Danie van Schoor (United) 13 paaltjies.

VYFTIG-PLUS WêRELDBEKER

Topkolwer: Gavin Murgatroyd, vyftigtal teen Engeland.

Topbouler: Dee Thakur, puik boulskof teen Pakistan.

RICHELIEU T20 FRANCHISE-LIGA

Wenspan: BA Blasting.

Topkolwer: Divan la Cock.

Topbouler: Nicolaas Scholtz.

KLUBLIGAS

Tweedeliga wenspan: Otjiwarongo.

Kus eersteliga: wenspan JCCA.

Sentraal eersteliga: wenspan Gobabis.

Premierliga: wenspan CCD Tigers I.

Tweedeliga 30 boulbeurte: wenspan Otjiwarongo.

Kus 40 boulbeurte eersteliga: wenspan JCCA.

Sentraal 40 boulbeurte eersteliga: wenspan Wanderers II.

Premierliga: wenspan WHS Old Boys.

Klubafrigter van die jaar: Lauritz Haccou (JCCA).

Veldopsigter van die jaar: Wynand Louw.

Beste senior tellinghouer in klubkrieket: Nolene Winborn (JCCA).

Beste senior tellinghouer in klubkrieket: Susca Loftie-Eaton (Wanderers).

Skeidsregter van die jaar: Claus Schumacher.

Skeidsregters, beste vordering: Maryke Short.

Kommentaar

Republikein 2024-05-10

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.43 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.43 | USD to ZMW 27.02 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 366.03/OZ UP +0.83% | Copper US$ 4.60/lb UP +0.81% | Zinc US$ 2 953.40/T UP 1.2% | Brent Crude Oil US$ 84.70/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 990.28/OZ UP +0.50% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 13° | 33° Rundu: 13° | 33° Eenhana: 14° | 34° Oshakati: 16° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 17° | 31° Otjiwarongo: 15° | 31° Omaruru: 18° | 32° Windhoek: 16° | 28° Gobabis: 16° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:44, High tide: 04:42, Low Tide: 22:59, High tide: 17:11 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 31km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:42, High tide: 04:40, Low Tide: 22:57, High tide: 17:09 Walvis Bay: 16° | 23° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:42, High tide: 04:39, Low Tide: 22:57, High tide: 17:08 Rehoboth: 16° | 29° Mariental: 18° | 30° Keetmanshoop: 13° | 29° Aranos: 18° | 30° Lüderitz: 13° | 27° Ariamsvlei: 10° | 25° Oranjemund: 13° | 20° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 31° Lubumbashi: 14° | 30° Mbabane: 16° | 25° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 23° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 28° Cape Town: 13° | 17° Durban: 19° | 24° Johannesburg: 17° | 26° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 30° Harare: 14° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.02 | EUR to NAD 19.83 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.43 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.58 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.43 | USD to ZMW 27.02 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77539.13 Up +0.47% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1733.43 Up +1.10% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13478.23 Up +0.44% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 366.03/OZ UP +0.83% | Copper US$ 4.60/lb UP +0.81% | Zinc US$ 2 953.40/T UP 1.2% | Brent Crude Oil US$ 84.70/BBP UP +0.05% | Platinum US$ 990.28/OZ UP +0.50%