Epiese finaal by kus beloof
Klubsokker
'n Waardige eindstryd tussen Civics en Mighty Gunners is in die vooruitsig wanneer dié twee sokkerklubs se bestes môremiddag vieruur by die Vinetastadion in Swakopmund vir die finaal van die MTC NFA-beker Aweh op die veld stap.
Civics het laas in 2008 in die NFA-bekereindstryd gespeel toe hulle African Stars met 1-0 geklop het. Gunners moes die afgelope agt jaar twee keer in 'n eindstryd die knie buig.
Jeremy Zimmer, afrigter van Civics, sê hy is vasbeslote om sy span ná 'n lang tyd weer te laat glimlag.
“Dis nogal 'n lang tyd sedert Civics se maroen truie laas kon seëvier. Hierdie keer wil ek ons ondersteuners gelukkig maak. Ons sal baie op ons hoede moet wees, want eindstryde word met klein verskille gewen. Ons het so ver gekom en dis dit. Die magiese syfer is tien en dié finaal moet ons wen,” het Zimmer gesê.
Gerhardt Hengari, afrigter van Mighty Gunners, sê hulle is meer ervare en beter as Civics wanneer dit by die NFA-beker kom.
“Ons gaan die naweek die derde keer gelukkig wees. Hierdie eindstryd is 'n groot geleentheid vir ons. Ons het hard gewerk om hier te wees en oor die lyn te kom. Ons sal geskiedenis maak,” het Hengari belowe.
Die MTC Old Crocks sal om 12:00 teen 'n Mediaspan speel en daarna sal Blue Waters teen Young African om 13:30 beslis wie derde in die kompetisie eindig. Die eindstryd sal regstreeks op NBC TV uitgesaai word.
Die wenklub ontvang N$500 000, die naaswenner N$250 000 en die derde en vierde spanne kry onderskeidelik N$150 000 en N$100 000.
Individuele toekennings wag vir die speler van die reeks, die beste doelwagter, topdoelskieter en die beste skeidsregter.
– www.NFA.org.na

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie