Entveldtog herwin momentum
Inentings teen Covid-19 het verlede week met mag en mening hervat, maar kudde-immuniteit gaan ‘n veel groter poging verg.
Dani Booysen
Namibië se immuniseringsveldtog teen Covid-19 het die afgelope week met hernude dringendheid hervat nadat ‘n nuwe besending van Sinopharm in die land aangekom het.
Hoewel momentum terug is by die vlakke teen die helfte van Junie, toon data egter nie dat nuwe eerste inentings dramaties verhoog nie.
‘n Klomp mense het wel ingehaal op tweede dosisse wat tydens tekorte nie geneem is nie; nie net in Windhoek nie, maar ook elders in die land.
Van Maandag tot Vrydag is 12 980 eerste spuite toegedien en 9 790 opvolginentings. Dit is ‘n totaal van 22 770 inentings, maar die Kavango-streke, Kunene, Ohangwena en Omusati het nie data vir Vrydag gerapporteer nie.
In totaal het Namibië byna 150 000 eerste inentings gedoen en sowat 45 000 opvolgspuite toegedien. Net ses persent van die totale bevolking geniet dus basiese beskerming teen die virus en sy variante en ‘n skamele 2% is volledig geïmmuniseer.
Volgens gesondheidsowerhede word ‘n tweede besending AstraZeneca-entstowwe die week in die land verwag.
Nuwe inentingsentrums lewer ‘n tasbare bydrae.
By die NG Kerk in Eros, ‘n sentrum wat Namibia Media Holdings ondersteun, is van Maandag tot Saterdag 1 325 inentings gedoen. Gondwana en Oshmed het by hoofstad se skougronde 1 947 spuite toegedien. Dit verteenwoordig gesamentlik omtrent ‘n derde van inentings in die Khomasstreek.
MEER OPVOLGSPUITE
Maandag is in die streek 1 155 tweede inentingsgedoen teenoor net 381 nuwe inentings.
Die patroon het Dinsdag voortgeduur, maar Woensdag is 1 480 eerste spuite toegedien teenoor 1 226 opvolginentings; ‘n totaal van 2 706. Donderdag is egter net 1 786 inentings in totaal gedoen en Vrydag net 1 480.
Ander streke waar op sekere dae die afgelope week meer tweede inentings gedoen is, is //Kharas, Otjozondjupa en die Zambezi.
Die enigste streke met ‘n duidelike en konstante toename in eerste inentings is Hardap, Kavango-Wes, Kunene, Ohangwena en Oshana.
Vrydag is ook in die Erongo-, Omaheke- en Otjozondjupa-streke merkbaar minder inentings gedoen.
Ons moedig lesers aan om struikelblokke by inentingspunte aan die koerant te rapporteer.
BESTE SYFERS
Volgens amptelike syfers is die meeste eerste inentings nog op een dag, 4 054, gedoen op 27 April, kort nadat die veldtog landwyd uitgerol is. Die inenting van gesondheidswerkers is ‘n moontlike verklaring hiervoor.
Die meeste opvolgspuite wat op een dag toegedien is, is 2 713 op Maandag 19 Julie.
Die hoogste gesamentlike totaal nog was 5 758 inentings die afgelope Woensdag.
Verlede week se meeste eerste inentings per streek in vergelyking met die beste syfer tot op datum (in hakies) was soos volg:
Erongo 301 (375), Hardap 118 (203), Kavango-Oos 118 (323), Kavango-Wes 47 (306), //Kharas 210 (289), Khomas 1 480 (1 626), Kunene 182 (232), Ohangwena 140 (550), Omaheke 227 (400), Omusati 197 (241), Oshana 288 (533), Oshikoto 173 (235), Otjozondjupa 280 (458) en Zambezi 81 9106).
Die drie streke wat dusver die meeste eerste inentings gedoen het, is Khomas (45 959), Erongo (15 668) en Otjozondjupa (12 936). Van die persone is onderskeidelik 29%, 22% en 37% reeds volledig ingeënt.
DERDE GOLF EB
Huidige Covid-19-regulasies verstryk aan die einde van die week.
Gemeet oor sewe dae, is teen Vrydag ‘n gemiddeld van 635 nuwe gevalle per dag gerapporteer teenoor meer as 1 800 tydens die kruin van die pandemie se derde golf.
Nuwe toetse toon ‘n gemiddeld positiwiteitskoert van 29% teenoor 44% aan die einde van Junie.
Windhoek teken gemiddeld 83 nuwe gevalle per dag aan teenoor die 804 op 14 Junie. Die meeste distrikte toon ‘n aansienlike afname in nuwe gevalle.
Sterftes wat aan die pandemie toegeskryf word, toon egter nog nie ‘n afname nie. Julie se sterftesyfer staan op 903 (41 per dag) teenoor die 1 000 sterftes (33 per dag) wat in Junie geboekstaaf is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie