Entstowwe van Covax binne drie weke verwag
Entstowwe van Covax binne drie weke verwag

Entstowwe van Covax binne drie weke verwag

Henriette Lamprecht
Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, sê volgens Covax sal Namibië in die volgende drie weke die land se beloofde entstowwe ontvang. Met verwysing na die ontplooiing van die land se immuniseringsveldtog teen Covid-19 het Shangula die veldtog as 'n sukses beskryf. Volgens hom duur dit ten minste 'n uur vir een persoon om ingeënt te word. Shangula sê die meeste van die meer as 1 200 mense wat tot dusver ingeënt is, was gesondheidswerkers.

Kommentaar

Republikein 2026-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer