Engeland vervelig, sê Creevy
WB-rugby
Engeland se rugbyspan is baie dinge en vervelig is beslis een van hulle, glo die vurige Argentynse haker Agustín Creevy.
Die Poemas pak die Rose Saterdag in Tokio in groep C van die Wêreldbekertoernooi. Engeland is op soek na sy derde oorwinning in Japan, terwyl die Argentyne vir 'n tweede baklei, nadat hulle naelskraap deur Frankryk geklop is.
Rugby365 berig Creevy sê hy bewonder Engeland se gestruktureerde spel, maar het in dieselfde asem 'n hou na Eddie Jones se span gemik.
“Soms is hul struktuur vervelig, maar ek dink dit pas Engeland; dit werk vir hulle,” sê hy.
Creevy, wat Saterdag in sy 88ste toets vir sy land uitdraf, het gepoog om verder onder die Engelse se velle in te klim.
“Hulle speel altyd op dieselfde wyse en soms is dit net vervelig. Saterdag gaan soos 'n oorlog wees. Dit is soos 'n eindstryd vir ons.”
Engeland se Saracens-haker Jamie George verskil egter van Creevy.
“Ek dink nie ons speel vervelige rugby nie,” sê hy.
“Ek is nie verras dat hy dit probeer sê nie en hy is geregtig op sy mening, maar hopelik sal ons hom Saterdag verkeerd bewys.
“Ek dink nie dit is juis geregverdig nie en ek is seker hy probeer ons kassie net 'n bietjie skud. Hy is meer as welkom om te probeer.”
Saterdag se kragmeting in die Tokio-stadion skop om 10:00 (Namibiese tyd) af. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie