En die wenner is . . . geen grap!
Tanja Bause - Die gelukkige wenner van die Wen ’n Pupkewitz Cruiser-kompetisie is me. Eleonore Sauter van Swakopmund.
Deelnemers moes enige van die 12 vennote in die kompetisie se uitgesoekte produkte ter waarde van N$250 koop.
Hierná moes hulle die Pupkewitz Megabuild-faktuurnommer per SMS instuur om in aanmerking vir die Land Cruiser te kom.
Die kompetisie het op 1 Februarie afgeskop en op 30 April gesluit.
Volgens Sauter het haar skoonseun die SMS namens haar ingestuur.
“Ek het nie geweet hoe om dit te doen nie. Hy het dit van sy selfoon af gestuur, en toe hulle my naam trek, het hulle hom gebel,” het sy gesê.
Haar dogter, me. Anja Kühn, het Sauter in die hande probeer kry om die goeie nuus met haar te deel, maar kon nie dadelik daarin slaag nie.
“Ek het seker ’n uur lank op die dorp op soek na haar rondgery. Uiteindelik het ek haar sien ry en gesien sy is op pad huis toe. Ek het haar agtervolg en by die huis gesê sy moet sit. Toe vertel ek haar sy het die Land Cruiser gewen,” het Kühn gesê.
“Mens maak nie sulke grappe nie,” was al wat Sauter toe kon uitkry.
“Ek kon dit nie glo nie. Dit is so ’n groot verassing!” het sy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie