Elvis toor met draad
Dié Namibiër moes sy kunswerke aanpas om nie soos al die ander te lyk nie.
Tanja Bause - Sy kunswerke het al in die boek Namibia Kunst einer jungen/Art of a young generation gepryk wat in Duitsland verskyn het.
Ook is al sy kunswerke wat hierin verskyn, deur die skrywer gekoop en in Duitsland uitgestal.
Tog sukkel die Namibiese kunstenaar, mnr. Elvis Garoeb, om in sy geboorteland 'n bestaan uit sy kuns te maak.
“My vriend het op skool kuns as vak gehad, maar ek het glad nie belang gestel nie. Ek het gedrink en in niks belang gestel nie. In 2015 het ek gaan sit en oor my lewe gedink. Ek het 'n besluit geneem wat my lewe verander het. Ek het ophou drink en met kuns begin,” vertel Garoeb (30).
Hy het met draadkuns begin en vinnig besef daar is baie mense wat dit reeds doen en die mark is baie klein.
“Veral draadkuns met krale is volop. Ek het besluit om my kuns aan te pas sodat dit anders lyk,” sê hy.
Garoeb maak groot diere uit draad en in die plek van krale versier hy sy kunswerke met kunsgras.
“Ek het 'n renoster en 'n man gemaak en dit vir die Bank Windhoek-biënnale ingeskryf, maar dit is afgekeur.” In 2015 het hy aan Bank Windhoek se 30x30-kunskompetisie deelgeneem en onder die top-10 geëindig.
Volgende beplan Garoeb om 'n olifant wat hy uit draad gemaak het, met veselglas oor te trek en te verf.
“Hy gaan dan soos 'n regte klein olifant lyk!”
Garoeb kan nie 'n bestaan uit sy kuns maak nie, omdat hy nie genoeg daarvan verkoop nie. Ook is die materiaal wat hy gebruik baie duur - dit sluit die kunsgras in.
“As daar iemand is wat oorskietkunsgras het, sal ek dit graag wil hê om te gebruik,” het hy gesê.
Garoeb se droom is om 'n lewensgrootte olifant en renoster te skep en om eendag van die inkomste uit sy kunswerke te kan leef. Vir meer inligting oor sy besonderse kunswerke, skakel Garoeb by 081 659 4521.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie