Elvis se grootste skepping nóg
Tanja Bause
“Ek droom al lank daarvan om iets groots te skep en dié Kersboom is die begin van die verwesenliking van daardie droom. Dit is die grootste kunswerk wat ek al gemaak het,” sê mnr. Elvis Garoeb.
Garoeb het die reuse-Kersboom, wat by die Pupkewitz Megabuild-leefstylsentrum ten toon gestel word, van draad en sintetiese gras gemaak.
Die maatskappy het N$23 000 se materiaal vir die maak van die boom geskenk. Dit wat oor is, kan Garoeb hou en vir sy kunswerke gebruik. Hy is ook vir die skep van dié boom betaal.
Garoeb het nie kuns as vak op skool geneem nie.
Twee jaar gelede het hy egter met draadkuns begin en vinnig agtergekom heelwat mense beoefen dié tipe kuns, en die mark daarvoor is baie klein. “Veral draadkuns met krale is volop. Ek het besluit ek moet my kuns aanpas en dit anders laat lyk,” het hy gesê.
Garoeb het toe diere begin maak en hulle met sintetiese gras versier.
Dit is juis dié unieke kunsvorm wat die Pupkewitz Megabuild-groep se aandag getrek het. Die groep het toe besluit om Garoeb te huur om 'n Kersboom te maak.
“Ons wou graag ingryp ná ons die artikel oor Garoeb in Republikein gelees het. Die Pupkewitz-groep is toegespits op tien beginsels. Die teenwoordigheid en aansporing van entrepreneurs is deel hiervan. Garoeb se verhaal het ons aangegryp en ons glo hy is 'n inspirasie vir baie,” het me. Ronel Claassen van die groep gesê.
“Ons nooi die publiek vriendelik uit om die boom te kom besigtig – enig in sy soort, eg Namibies,” het sy bygevoeg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie