Elvis Blue bou brûe
Afrikaanse sanger Elvis Blue stel eersdaags sy nuwe album, Die Brug, bekend.
Hy sê dat hy sy nuwe liedjies eers vir sy vrou en dogter speel voordat hy dit op 'n album plaas. “Vir die laaste twee jaar speel ek eers my nuwe songs vir die twee girls by die huis en hulle freak uit daaroor,” sê Elvis.
Die lang verwagte tweede Afrikaanse oplewering is nou op die rakke. Elvis is baie opgewonde om te hoor wat sy aanhangers van die nuwe materiaal dink. “Die Brug is 'n album wat ek al jare lank wou maak. Ek wou bitter graag met die vrystelling iets aanbied wat eg Afrikaans klink, musiek wat my herinner aan waar ek vandaan kom,” sê hy.
Dié vrystelling is sy eerste vollengte Afrikaanse album ná Êrens In Die Middel Van Nêrens wat hy in 2015 vrygestel het. Elvis het definitief nie die pas tussen sy opnames markeer nie. Tussen vertonings en familielewe het hy ook tyd gevind om die nuwe album saam te stel.
“Musiek trek 'n mens in. Dit bou dikwels 'n brug tussen verskillende idees, sienswyses en klanke. As kind het ek begin musiek maak aangesien musiek my só laat voel het. Dit was sonder twyfel vir my soos 'n brug na 'n ander wêreld,” vertel hy. Hy sê dit is ook sy hartewens dat mense 'n klein stukkie van “sy wêreld” deur musiek kan ervaar.
Kry Elvis Blue se Die Brug by jou naaste musiekwinkel.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie