Elon Musk se slegste jaar word slegter
Elon Musk se slegste jaar word slegter

Elon Musk se slegste jaar word slegter

Saamgestel deur Hanlie Stadler



'n Groepsgeding is Vrydag aanhangig gemaak teen Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla, en die maatskappy self.

Volgens die geding, wat in die federale hof van San Francisco deur 'n belegger aanhangig gemaak is, het Musk se twiet oor die privatisering van Tesla die aandeelprys wild laat skommel.

Meer besonderhede oor die hofsaak is nog nie bekend nie.

Die twiet word deur Amerika se Securities and Exchange Commission (SEC) ondersoek omdat dit waarskynlik maat­skappywette oortree.

Musk, 'n gebore Suid-Afrikaner wat ook SpaceX in Amerika begin het, het beleggers stomgeslaan toe hy op Twitter aankondig het hy oorweeg dit om Tesla te denoteer teen US$420 per aandeel, wat die transaksie nagenoeg US$72 miljard werd sal maak. Volgens Musk is die “finansiering” reeds gevind.

Tesla se aandeelprys het Vrydag op die Nasdaq op US$305,50 gesluit.

Daar was kommer oor of Musk enigsins die waarheid praat en of hy doelbewus aandeelhouers probeer mislei.





Tesla se aandeelprys op die Nasdaq het aanvanklik ná die twiets met 11% opgeskiet, maar sedertdien het die maatskappy 19,5% van sy waarde verloor. Volgens Amerikaanse ­regulasies moet 'n genoteerde maat­skappy, soos Tesla, minstens vier dae voor 'n groot aankondiging 'n sogenaamde 8-K-vorm by die SEC indien.



SEC-RIGLYNE

SEC-riglyne laat maatskappye en hul uitvoerende hoofde toe om sosiale media te gebruik om wesenlike inligting te versprei, mits beleggers vooraf gewaarsku word. Maar sulke bekendmakings moet volledig en regverdig wees, ongeag die platform waarop dit plaasvind.

Musk se twiet het waarskynlik nie aan dié vereistes voldoen nie.

Musk is bekend om sy grappige twiets oor Tesla en om die platform te gebruik om sy kritici uit te lok. Dit het tot gevolg gehad dat sy uitlatings op Twitter meestal met 'n knippie sout geneem word.

Die Suid-Afrikaans gebore entrepreneur sê nou sowat 'n week later die stelling is gemaak nadat hy gesprekke met Saoedi-Arabië se openbare beleggingsfonds gehad het.

Musk het verder in 'n onderhoud met The New York Times gesê hy was die afgelope jaar onder geweldige emosionele en fisieke druk in 'n poging om te verseker dat Tesla sy mylpale haal. Hy sê vriende is glo bekommerd oor sy welstand.

Volgens The New York Times was hy verskeie kere gedurende die ­onderhoud na aan trane.

Hy het vertel hoe hy 120 uur per week werk en 20 jaar laas langer as 'n week weg was van die werk - en dit ook net omdat hy malaria gehad het.

Van Tesla se direkteure sê hulle is bekommerd oor Musk se werklading en dat hy die kalmeermiddel Ambien (zolpidem) neem as hy wil slaap. In plaas daarvan dat Ambien hom laat slaap, het Musk dikwels die hele nag op Twitter deurgebring.

Musk se twiets het hom vanjaar al herhaaldelik in die sop laat beland. Hy het onder andere Vern Unsworth, 'n Britse duiker wat die groep Thaise seuns uit 'n grot gered het, 'n pedofiel genoem.

- Netwerk24/Bronne: Bloomberg, Reuters, Thrive Global, Twitter, The New York Times

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce #N/A Currency: GBP to NAD 23.22 | EUR to NAD 20.01 | CNY to NAD 2.58 | USD to NAD 18.62 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.42 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.54 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1382.9 | USD to ZAR 18.63 | USD to ZMW 27.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76929.5 Up +0.20% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1715.92 Up +1.01% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13375.47 Up +0.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26429.69 Up +1.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 316.97/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 903.50/T DOWN -1.71% | Brent Crude Oil US$ 82.84/BBP DOWN -0.0085 | Platinum US$ 971.32/OZ DOWN -0.0074 #N/A