Elnatan haak knoop deur in sewes

Andrew Poolman
BO: 'n Speler van die plaaslike Pro-Ed Akademie op die aanval tydens Saterdag se skole-afdeling van die Safland-sewesrugbytoernooi op Swakopmund. Pro-Ed se o.19-span het tot die eindstryd gevorder, maar het hom vasgeloop teen Elnatan wat met 19-12 gewen het. Die o.17-kompetisie is deur Windhoek Gimnasium gewen, wat met 19-5 die oorhand teen Tsumeb Gimnasium gekry het. Moria was die o.15-kampioene danksy 'n oorwinning met 19-0 teen Walvisbaai Privaat Hoërskool, terwyl die enigste kategorie vir laerskolespanne (o.13) deur Walvisbaai Privaat Hoërskool gewen is danksy hul eerste posisie op die puntelys. Foto Adolf Kaure

Kommentaar

Republikein 2025-10-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer