Elnatan en WHS eindig gelykop op Stampriet

Skolerugby
Andrew Poolman
Die Privaatskool Elnatan en Windhoek Hoërskool se eerste rugbyspanne het met 26-26 gelykop gespeel toe hulle Woens­dagmiddag op Stampriet in 'n kragmeting in die FNB Classic Clashes teen mekaar te staan gekom het.

Beide spanne het vier drieë gedruk in die wedstryd wat vir beide skole se spelers 'n gesogte geleentheid gegee het om rugby te speel in die tweede opeenvolgende jaar waarin golwe van die Covid-19-pandemie die opskorting van kontaksport genoodsaak en sodoende die gebruiklike Momentum-skoleligas gekelder het.

Elnatan se senter Jandré Esterhuysen is agterna as speler van die wedstryd aangewys. Hy het met drie uit vier doelskoppe geslaag, nadat die suidespan se drieë deur die haker en kaptein Janu Visser (twee), plaasvervanger FP Muldervleuel Hugo Truter gedruk is.

Aan WHS se kant het losskakel Enrique Husselman, vleuel Shaquille Hein, heelagter Corburn Klaasen en stut Jayden Cloete drieë gedruk, waarvan Husselman drie verdoel het.



Die spanne vir die dag was:

SAMSUNG WHS: 15 Corburn Klaasen, 14 Shaquille Hein, 13 Jaco Basson, 12 Zian van Wyk (onderkaptein), 11 Quirone Majiedt, 10 Enrique Husselmann, 9 Joubert Steyn, 8 Joe Losper, 7 Riaan Grové (kaptein), 6 Luca Cindano, 5 Sheldon Schroeder, 4 Jacques Hanekom, 3 Jayden van Zyl, 2 Franco Pearson, 1 Fillipus Iyambo.

Reserwes: 16 Tiaan Hein, 17 Jorries Afrikaner, 18 Sven Albrightson, 19 Kyle Nell, 20 Jayden Cloete, 21 Curtis Izaaks, 22 Jason Witbooi, 23 Henry Rispel, 24 Jurgen Meyer.

ELNATAN: 15 Nathan Harmse, 14 Luke MacKinnon, 13 Heino Keister, 12 Jandré Esterhuysen, 11 Hugo Truter, 10 Thilario Links, 9 SW Janse van Rensburg (onderkaptein), 8 Hennie Nell, 7 Nico Mostert, 6 Markus Meyer, 5 Schalk van der Merwe, 4 Stiaan Cronje, 3 Richter Steenkamp, 2 Janu Visser (kaptein), 1 Henlou Visser.

Reserwes: 16 Timmy MacKinnon, 17 Yoeman van Zyl, 18 Jaco Louw, 19 FP Mulder, 20 Morne Thiart, 21 Nico Janse van Rensburg, 22 Joshua Sansom, 23 Janco Mulder.

OORBLYWENDE SKEDULE

Vandag, sokker in Windhoek: ­Concordia tn Rocky Crest by HTS se veld, 14:00.

Woensdag 6 Oktober, netbal in Windhoek:Augustineum tn Academia by Khomasdal sportveld, 14:00.

Vrydag 8 Oktober, netbal op Gobabis: Wennie du Plessis tn Gobabis Gimnasium by Wennie du Plessis se baan, 14:00.

Dinsdag 12 Oktober, netbal op Otjiwarongo: Edugate tn Moria Privaat­skool by Edugate se baan, 14:00.

Woensdag 13 Oktober, netbal op Tsumeb: Etosha tn Otjiwarongo by die J.P. Ratledge-stadion, 14:00.

Vrydag 15 Oktober, sokker op Okatana: Okatana Sekondêre Skool tn Haudano Sekondêre Skool by die Okatana sokkerveld, 14:00.

Saterdag 16 Oktober, sokker op Ongha: Ongha Sekondêre Skool tn Nehale Sekondêre Skool by die Ongha-sokkerveld, 12:00.

Kommentaar

Republikein 2025-05-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer