Ella se toekoms blink
Octavia Tsibes - Die Hoërskool Ella du Plessis, geleë in die hartjie van Khomasdal in Windhoek, is 'n veelrassige en multikulturele skool.
Die skool is na die stigterslid, mnr. Adolf du Plessis, se vrou, Ella, vernoem.
Die leerlingraad vorm die kern van die skool, of Ella soos die leerlinge dit noem. Elke jaar kies die leerlinge saam met hul onderwysers leiers gegrond op hul akademiese prestasies en leierskapeienskappe. “Die proses is opwindend vir almal, insluitend die onderwysers,” sê James Iiyambo, die hoofseun.
Vanjaar het Ella merkbare veranderinge ten opsigte van dissipline by die skool gemaak. “Soms kry jy nie altyd die nodige ondersteuning
van die leerlinge af nie, maar jy moet hulle net rustig en konstant in die regte rigting lei, want hulle gaan uiteindelik aansluit om vir Ella 'n sterker en nog meer vooruitstrewende skool te maak,” sê Page Gaeseb, leerlingraadslid.
Hy sê die manier waarop die skool sy leerlingraad kies, is uitstekend. Die wyse waarop die kandidate vir die res van die skool moet wys hulle sal goeie leiers wees, moedig hulle aan om voor groot groepe mense te kan praat en onder druk kalm te bly.
“Ek is trots om nie net as 'n gewone leerling van die skool te dien nie, maar ook as hoofmeisie,” sê Jeninsia Uiras. Sy sê sedert sy die eerste keer by die skoolhekke ingestap het, het sy baie ontwikkel en geleer.
Mnr. Jakavaza Katjiuanjo, voormalige leerling van Ella, is sedert September 2012 die skoolhoof. Tans het die skool 1 040 leerlinge, 40 onderwysers en 10 institusionele personeellede.
“Na aanleiding van die diep voetspore wat die agt vorige skoolhoofde getrap het, maak ek seker dat ons leerlinge die naam van die skool met trots dra,” sê hy.
Mnr. Paano Shapata, die huidige leerlingraadvoog, sê “uitstekende leierskap en vasberadenheid maak van die skool 'n sukses. Ek het meer as agt jaar as onderwyser saam met die leerlingraad gewerk en het verskillende skoolleiers ontmoet met eienskappe wat net tot voordeel van die land en ons gemeenskap gaan wees.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie