Elke dag se stryd – tussen oorlog en vrede
Een aand die afgelope maand grawe die gesin des Boois hul in die rusbanke voor die digitale loket in.
Ons stel die afstandbeheer se visier op die nuwe, silwerdoekweergawe van Die rebellie van Lafras Verwey in.
Silwerdoek? Daai doeke lyk vir my nog altyd wit. En ons byna dekade-oue, hoë definisie kykkas is polities korrek – pikgitswart.
Etimologie, die studie van die herkoms van woorde, daar gelaat. . .
Oi, dis darem lekker om rolprente (nog ‘n woord uit die tegnologiese ark?) te kyk sonder om tou te staan, voor knieë verby te wrummel en in iemand anders se springmielies, of erger, te gaan sit. En dan kan jy nogal stop, ‘n gouekoue of koffietjie skink, en weer verder koekeloer.
‘n Mens moet hierdie fliek kyk om opnuut te besef dat, en hoekom, Tobie Cronjé dieper en veel meer as net “hallo Ma, hoe ganit met Trieksie se spene” is.
Toe die krediete oor die skerm begin rol, is daar eers ‘n doodse stilte.
Dalk ‘n sug of wat.
En toe die klank van ‘n groeiende, moerse swerm woordeduiwe wat tussen die egpaar des Boois begin opfladder.
Tafelberg se boekie met die hoorspelweergawe word dadelik nader getrek en oor gelees. Die storie, 46 jaar later, is nog dieselfde.
Getuigskrif vir Chris Barnard se universaliteit!
Sommige resensente het die neuse opgetrek omdat hulle nie hierdie werk in die maklike kassies van Afrikaanse filmkuns kon indruk nie. Ôk maar goed so, want hier moet kykers verder dink as wat Tobie se mooi neus lank is.
In die tyd waarin Lafras geskryf was, was dié baaisiekelryende staatsamptenaar al ‘n ratrot wat gatvol vir Apartheid was. Maar hulle kon hom verby die sensuurraad laat wiel.
Vandag is hy ewe die dônner in oor die Zuptakrasie en vir enige ander goewerment. En sy baaisiekel maak hom selfs ‘n magtiger simbool.
Lafras praat vir al die mense wat nie eens ‘n baaisiekel het nie, maar taxi moet ry of toon klap.
Kan die gesing van die speke, die simfonie in jou kop en die bomme wat jy naby en ver verbeel, jou van die werklikheid bevry?
Uiteindelik nie.
Is Lafras van loitjie getik? Nie meer as enigeen nie?
Is Lafras swaksinnig? Nie meer as wat ons almal dalk soms moet wees nie?
Hy herinner ons hoe seer dit is om mekaar te misken en af te breek.
Lafras is geen lafaard nie? Of dalk juis?
Van agter Lafras se krom skouers, spreek die stille draadsitters ewe hard as wat die uitbundige spotters en die gewetenlose misbruikers skreeu.
Watter vlag sou Lafras oor sy kaia se dak hys? Weens verwarde ontnugtering – geen.
Wanneer die kleinste ratjie kalf, is dit juis die grootste les vir die verbeelde, onaantasbare masjien.
Al is jy hoe geïsoleer of eensaam, vertel Lafras ons jy moet nooit ligsinnig met die mooi, die regte drome – verteenwoordig deur Petra – omgaan nie.
Drome gaan ontnugter en dolke in jou hart steek.
Maar dit beteken nie jy moet ander, en die wêreld, daaroor probeer weg-verwoes-wens nie.
Inteendeel, elke dag moet ons ons drome herwaardeer en aanpas.
Anders sal dit wrokke of lugkastele bly.
Jy moet jou vrede kies. En jou oorlog.
En seker maak jy veg nie blindelings aan ‘n kant waarvan jy g’n kop of stert weet nie.
Anders sal jy, soos Lafras, die hoogste prys betaal.
Vir iets waarvan jy nooit – nugter – deel sou wees nie.
Sonder dat jy dit weet.
Wanneer is hierdie oorlog verby?
Nimmer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie