Elke dag is 'n biddag
DIRK VAN ZYL SKRYF:
Waarom trek mense saam op 'n biddag?
Elke dag moet ons begin en eindig met gebed. As elkeen elke dag bid oor sake wat hy/sy aan God wil opdra, sal Hy dit net so aanhoor soos Hy dit altyd doen, of hy/sy alleen is, of saam met 'n komp mense, die gebed is net so kragtig as hy/sy alleen gebid het. God luister nie met oorgawe as ons 'n klomp is, en luister minder as ons alleen is nie.
Baie mense glo dat die menigte wat saamtrek 'n verskil sal maak. God sal na jou luister, of jy alleen is of nie.
Soms is daar mense wat 'n groot probleem het, en hulle is genoodsaak om alleen te bid. Dis hoe groot “jou” vertroue in God is. Dis nie nodig om in massas op te daag om God te bereik nie, maar sodra daar 'n krisis opduik wil ons in massas opruk.
Lees Rigters 7 en sien dat God nie getalle soek nie. Dis gewoonlik 'n optrede van die mense wat hulle magsvertoon wil bevestig, byvoorbeeld aan die regering, net om aandag te kry.
In die tuin van Getsémané het Jesus alleen gebid. Hy het vir sy apostels alleen gebid, so ook aan die kruis.
Ons het nie 'n magsvertoon nodig nie, wie wil ons beïndruk? Gaan in jou binnekamer. Jy kan in jou gedagtes ook bid, God is in jou. Hy sal weet.
As ons dag vir dag bid, en vra dat God die verstand van die leiers van die land sal open, en Hom vra om die gedagtegang van die mense te verander wat met boosheid in hulle verstand loop, sal Hy, as dit sy wil is.
Of ons baie bymekaar is om oor 'n saak te bid, of alleen bid by die huis, wat maak dit saak? Die gebed is dieselfde. Dis nie die klomp saamgetrekte mense wat die hoofsaak is nie, maar die gebed.
Die president het probleme, en vra dat ons moet bid. Doen dit, elke dag.
Mense behoort aan verskillende gelowe, en is altyd in 'n stryd gewikkel met mekaar oor die vertolking van die evangelie en ons ritus by die kerk. Daar is 'n gestry oor watter geloof reg is, en watter is verkeerd. “Julle maak so, en ons maak so.” By die saamtrek op 'n biddag bid elkeen steeds soos normaalweg gebid word, en niemand sê iets wat sleg is nie, maar bekragtig die gebede met 'n “amen” net omdat dit 'n biddag is.
Waar is die eenheid en versoening nadat ons klaar is met 'n biddag? Sal God na ons luister as ons so in verdeeldheid lewe, geestelik en natuurlik?
Ons moet verenig in gebed, dit wil sê dat ons een moet wees in die gees, en tevrede sal wees met dit wat gevra word, sodat ons daarop amen kan sê, en nie net uit gewoonte nie.
God soek nie getalle nie, Hy weet wat ons gaan vra, voordat ons dit vra. Ons het nie nodig om sy aandag te trek nie. Ons hoef nie vir God te wys dat ons in hordes kan byeenkom om te bid nie. Hy ken ons denke, en weet waarom ons daar is.
Is ek daar om deur die mense gesien te word, of het iemand my genooi? Is dit uit nuuskierigheid? Weet ek ooit waaroor dit gaan? Ek kan by my huis bly, en in opregtheid bid.
Almal sal nie 'n kans kry om te bid nie, en baie verstaan nie wat gebid word nie, veral as daar mense bid wat moeilike woorde gebruik of 'n ander taal besig. Almal bid nie gelyk nie, want God is ordelik, en niks van God is wanordelik nie. Ons kan nie vir God bluf deur te probeer bewys dat ons nou saamstaan nie, dis net 'n vertoon. (Soms is die bedoeling reg, maar ons is meer bewus van die mense om ons as waaroor ons bewus moet wees.)
Ons moet môre weer oor die saak bid, en môre is nie weer 'n saamtrek nie.
Volgens die Heilige Skrifte moet ons wees soos Efesiërs 4:4-6: "Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping; een Here, een geloof, een doop, een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is."
God sal homself openbaar, maar nie deur 'n verdeelde liggaam nie, soos ons bewys word in die Skrifte. Mat. 12:25: "Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vir hulle gesê: Elke koninkryk wat teen homself verdeeld is, word verwoes en elke stad of huis wat teen homself verdeeld is, sal nie bly staan nie."
Ons trek saam om 'n eenheid te vorm, maar sodra ons klaar is, keer ons terug na waarvandaan ons kom, en ons is terug by ons ou beginsels.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie