'Elke dag is die beste van my lewe'
Tanja Bause - Sowat 18 jaar gelede het mnr. George Groenewald se lewe ná ’n motorongeluk handomkeer verander.
Ná die ongeluk is hy meegedeel dat hy in sy onderlyf verlam is.
“Ek het my nie laat onderkry nie, en met baie geduld en breinoefeninge het ek die gevoel in my tone teruggekry en ook volle beheer oor my uitskeidingsfunksies,” het Groenewald gesê.
Ten tyde van sy ongeluk was hy ’n tegnikus in diens van Telecom Namibia en het hy baie tyd in die veld gespandeer om kommunikasietorings op te rig.
“Dit was vir my ’n groot aanpassing om van my ‘kantoor’ in die veld, waar ek in ’n karavaan geslaap het, my lewe te verander na kantoorwerk en tuisbly.”
Volgens Groenewald moes hy by die nuwe wendings in sy lewe aanpas.
“Jy moet vorentoe beweeg en aanpas. Jy kan nie jou verlede verander nie, maar jy kan vir jouself ’n goeie toekoms bou en die beste van jou lewe maak.”
Groenewald werk tans as diensadministrateur vir Salt Essential Information Technology (Pty) Ltd en hy is dankbaar dat hulle hom die geleentheid bied om te kan werk en om daagliks iets nuuts te leer.
“Ons as gestremdes kán en wíl werk. Ons kan waarde tot die maatskappy toevoeg, maar nog belangriker: Húlle voeg waarde tot ’n gestremde se lewe toe. Hulle kan ons bemagtig om ’n bydrae tot die samelewing te lewer en om ’n beter lewe te kan hê. Deur ’n werk te hê, sit die gestremde nie die hele dag by die huis nie en voel nie nutteloos nie.”
Groenewald voer daagliks die voëltjies by sy werk.
“Dit is vir my baie bevredigend. Elke oggend gaan ek uit en sit vir hulle kos uit. Ek gee ook vir hulle brood, en dit is belangrik. Vind iets wat vir jou elke dag genot gee en doen dit,” het hy gesê.
Hy is ook een van die stigters van die Namibian Assocation of Wheelchair Users (NAWCU), wat nie net mense in rolstoele ondersteun nie, maar ook daaraan werk om hul daaglikse lewens te verbeter.
“Ons het nou met die munisipaliteit saamgewerk om munisipale busse rolstoelvriendelik te maak en busbestuurders op te lei om mense in rolstoele te kan help. Vervoer is vir ons baie moeilik en taxibestuurders sal nie sommer stop om iemand in ’n rolstoel op te laai nie.”
Volgens hom kan hy baie verbeterings, veral in nuwe winkelsentrums en geboue, sien in vergelyking met die tyd pas ná hy in die ongeluk was.
“Ek bestuur self en ry na ’n winkelsentrum toe. Daar kry ek gewoonlik hulp van die veiligheidswagte om in en uit die voertuig te klim, maar as ek uit is, kan ek op my eie rondbeweeg en is ek onafhanklik. Daar word nou baie meer aandag daaraan bestee om winkels en persele vir gestremdes toeganklik te maak.”
“As jy in ’n ongeluk is en gestremd is, verander dit jou net as jy toelaat dat dit jou verander. Ek probeer om elke dag die beste dag van my lewe te hê; die beste van elke dag te maak en my lewe beter te maak as wat dit was. Die feit dat ek dit vanuit ’n rolstoel doen, maak nie saak nie.
“Jy moenie die donker kant van jou omstandighede sien nie. Bemagtig jouself met kennis oor jou gestremdheid. Sluit by ’n organisasie aan sodat jy met mense in dieselfde omstandighede kan kommunikeer, hulle kan raadpleeg en sosiaal kan verkeer.
“Jy kan steeds vriende hê, braai, ander mense help en bemagtig. Die lewe gaan aan en jy lewe nog, so maak die beste daarvan en van jou omstandighede,” het hy gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie