Elisenheim kry winkelsentrum
Die ontwikkeling bring gerief tot reg by die sowat 4 000 inwoners van die leefstyllandgoed noord van Windhoek.
Francoise Steynberg - Die ontwikkeling van die Urban Village-winkelsentrum op die Elisenheim-landgoed gaan meer as 300 werksgeleenthede oor die volgende 10 maande van konstruksie skep en oo die lange duur meer as 200 permanente werksgeleenthede.
Só het die minister van nyherheidsontwikkeling, handel en SME-ontwikkeling, mnr. Tjekero Tweya, Woensdag by die nuwe sentrum se sooispitseremonie noord van Windhoek gesê.
Hierdie gesamentlike projek van Trustco Properties en Oryx Properties Ltd, van sowat N$110 miljoen, het in Mei afgeskop en gaan in drie fases geïmplementeer word.
Dit sal na verwagting teen Februarie 2020 voltooi wees.
Die eerste fase van Urban Village is ontwerp om meer as 15 eenhede te akkommodeer, onder meer ’n Spar-supermark van 2 000 m2 met ’n Tops-drankwinkel.
Ander winkels sluit ’n koffiewinkel, apteek, restaurant, haarkapper, klerewassery, karwassery, posbusse, verskeie OTMs en gesondheids- en fiksheidsgeriewe in.
Die sentrum se ontwerp is deur Elisenheim se natuurskoon geïnspireer.
Bestaande inheemse bome is deel van die sentrum gemaak.
Die ontwikkeling bring gerief tot reg by Elisenheim se sowat 4 000 inwoners.
Voorsiening is gemaak vir verdere toekomstige uitbreidings soos ’n crèche, kwekery, mediese geriewe, veearts en villas.
Dit sal met die verskillende fases van die landgoed se ontwikkeling gepaardgaan.
Om plaaslike entrepreneurskap in Namibië 'n hupstoot te gee, word plaaslike sakelui uitgenooi om aansoek om winkelspasie in Urban Village te doen. Dit is in ooreenstemming met die groep se benadering om Namibië se ekonomie deur middel van een Namibiese entrepreneur op ’n slag te laat groei.
“Hierdie opwindende ontwikkeling verteenwoordig Elisenheim se ontwikkelingsfilosofie as natuurlike, aardse leefstyllandgoed met moderne argitektuur, natuurlike konstruksie-elemente en ’n buitemuurse leefstyl,” sê Petro Oberholster, eiendomsadministrateur van Oryx Properties (Ltd).
“Die nuwe ontwikkeling by Elisenheim sal tot die leefstylomgewing van ons inwoners bydra en waarde tot die algehele ontwikkeling van die leefstyllandgoed voeg,” het Trustco se versekerings- en beleggingshoof, mnr. Marco Erasmus, gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie