Elgar se Titans sal 'n strawwe toets bied
Die Namibiese Eagles tel die weke af na hul T20 Wêreldbeker-debuutwedstryd teen Sri Lanka in Oktober.
Andrew Poolman – Suid-Afrika se huidige toetskaptein Dean Elgar lei 'n sterk span van sy provinsiale franchise die Titans op hul komende toer Windhoek toe.
Die Namibiese Eagles se wens sal klaarblyklik vervul word vir meer hardnekkige kompetisie as die afgelope toer deur die Ontluikende Zimbabwiërs, wat in beide die T20- en eendagreekse met drie-nul verslaan is.
Die linkshandige aanvangskolwer Elgar (34 jaar) het met sy 13 honderdtalle en 17 vyftigtalle in toetskrieket (hoogste 199 teen Bangladesj) min bekendstelling nodig.
Elgar se Titans-groep bevat 'n paar mede-Proteas – insluitend die linkerarm-draaibouler Aaron Phangiso (37), die 28-jarige kolwer en naatbouler Theunis de Bruyn en die 31-jarige regterarm-naatbouler Junior Dala.
Laasgenoemde is eergister uit Suid-Afrika se toerspan na Sri Lanka weggelaat vanweë die gasheerland se aandrang dat niemand ingelaat word wat binne die laaste 21 dae positief vir Covid-19 getoets het nie.
Die Titans stuur waarskynlik hul beste beskikbare spelers wat nie tans nasionale diens verrig nie.
Namibië se afrigter Pierre de Bruyn was ná laas naweek se afsluiting baie tevrede met die afgelope reeks teen die Zimbabwiërs en met elke individu in die Eagles-groep se vertonings, ses weke voor die T20 Wêreldbeker in die Emirate.
“Vanaf die eerste wedstryd het ons aan die opposisie die boodskap gestuur dat ons 'n baie goeie T20-krieketspan is.
“Ons het doelbewus vir elke lid van die oefengroep speelkans geskep en elkeen het die kans aangegryp om tot ons oorheersende vertonings by te dra. 'n Man soos Michael van Lingen was die topbouler in die toernooi en het ook 'n honderdtal behaal. Ons kaptein Gerhard Erasmus was op stryk met meer as 300 lopies in die drie eendagwedstryde.
“Wat die veldwerk betref, het ons net een swak wedstryd (uit ses) beleef.
“Ek reken die grootste les was vir ons boulers. Ons moes herbesin oor van ons planne oor hoe om in druksituasies te reageer, veral aan die einde van die kolfbeurt teen groot slaners wat reeds gevestig is.
“Ons keuse van die regte bouler vir die spesifieke situasie is een van die aspekte waaraan ons aandag wil gee in die reeks teen die Titans, wat met toetservaring in hul geledere 'n waardige opponent sal wees.”
Die Titans-spelersgroep (volgens hul speelnommers):
64 Dean Elgar (kaptein), 14 Corbin Bosch, 3 Junior Dala, 73 Dayyaan Galiem, 31 Aya Gqamane, 9 Okuhle Cele, 28 Neil Brand, 22 Jiveshen Pillay, 8 Theunis de Bruyn, 36 Grant Mokoena, 69 Aaron Phangiso, 10 Gihahn Cloete (paaltjiewagter), 7 Sibonelo Makhanya, 15 Jan-Hendrik Pretorius.
• Die Eagles se onveranderde groep:
Gerhard Erasmus (kaptein), Stephen Baard, Karl Birkenstock, Shaun Fouché, Jan Frylinck, Zane Green, Nicol Loftie-Eaton, Mauritius Ngupita, Bernard Scholtz, Ben Shikongo, JJ Smit, Ruben Trumpelmann, Michael van Lingen, Craig Williams, Pikky ya France.
• Die bepalings (alle wedstryde by Wanderers):
Saterdag 28 Augustus: eendagwedstryd (09:300
Sondag 29 Augustus: T20 (10:00)
Dinsdag 31 Augustus: T20 (14:00)
Woensdag 01 September: T20 (14:000
Donderdag 02 September: T20 (14:00)
– [email protected]
FOTO
Die Proteas en Titans se kaptein Dean Elgar se paaltjie sal een van die mees gesogtes vir die Namibiërs wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie