Elfjarige byna ontvoer

Van die polisie tot die buurtwag en 'n helikopter is ingespan om 'n verdagte voertuig op te spoor waarin 'n meisie byna gedwing is.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – ‘n Elfjarige laerskoolmeisie is Woensdag helder oordag voor haar huis byna deur ‘n groep mense in ‘n motor gedwing en ontvoer. ‘n Video waarop die getraumatiseerde meisie van haar nagmerrie-ervaring vertel, is reeds dieselfde dag wyd op sosiale media versprei.

Volgens die polisiewoordvoerder vir die Otjozondjupastreek, ao. Maureen Mbeha, het die voorval Woensdag omstreeks 14:20 voor die meisie se huis plaasgevind.

“Sy was besig om met haar hond buite die huis en die erf te speel toe ‘n swart rugluiksedanvoertuig by haar gestop het,” het Mbeha gesê.

Volgens Mbeha het een van die vyf insittendes in die motor die laerskoolleerling gevra of sy ‘n saamrygeleentheid wou hê. Die meisie het “nee” geantwoord.

“Die volgende oomblik het een van die mense uit die motor gespring, haar aan die arm gegryp en in die motor probeer dwing,” het sy gesê.

Die dapper meisie kon egter daarin slaag om haar los te wikkel en te ontsnap.

Volgens Mbeha is die voorval baie vinnig by die polisie aangemeld, wat met die hulp van die dorp se buurtwag onmiddellik ‘n soektog na die motor van stapel gestuur het. Die hulp van 'n polisiehelikopter is ook ingespan, maar tot dusver is daar nog geen teken van die gewraakte motor en sy insittendes nie.

Volgens Mbeha is ‘n klag van poging tot ontvoering by die polisie gelê en duur die ondersoek na die voorval onverpoos voort.

Nóg ‘n boodskap is die afgelope paar dae op sosiale media versprei oor ‘n vermeende sindikaat wat glo die Grootfonteinse skou gaan gebruik om kinders sonder volwasse toesig vir ontvoering te teiken. Volgens dié boodskap word foto’s van “geteikende” kinders geneem en is volwasse vroue wat alleen loop ook in die sindikaat se visier.

Mbeha het beklemtoon ook dít word “baie ernstig” deur die polisie opgeneem en beamptes sal vir die duur van die skou op die perseel teenwoordig wees.

“Ons het polisiebeamptes by die skou om die maksimum veiligheid van alle besoekers te verseker. Die twee polisiekantore op die dorp is ook 24 uur oop en beskikbaar sou enige persoon ‘n verdagte voorval wil aanmeld,” het Mbeha gesê.

Volgens haar is die polisie nog besig om ondersoek in te stel na die oorsprong van die betrokke boodskap.

“Enige verdagte aktiwiteit moet aangemeld word. Ons doen egter ‘n beroep op die publiek om voor hulle dié tipe boodskappe sonder meer aanstuur, eerder die polisie te skakel om te hoor of daar enige waarheid hierin is en of ons dit ondersoek. Van die SMS’e is van buurlande. Ons wil nie onnodige paniek onder mense saai nie, laat ons dié gevalle wat werklik is, as ernstig beskou en só deeglik ondersoek en daarop fokus.”

Mbeha het voorts ‘n ernstige beroep op ouers en voogde gedoen om te alle tye bewus te wees van waar hul kinders hul bevind.

“Laat ons kalm bly en nie paniek saai nie. Ouers moet jaloers oor hul kinders waak, weet waar hulle is, wat hulle doen, en hul bewegings monitor.”

Sy het boewe ook gewaarsku om nie die huidige angs weens bespiegelinge uit te buit om misdaad te pleeg nie.

Kommentaar

Republikein 2024-05-03

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna European Championships Qualifying: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town English Championship: Coventry City 1 vs 2 Ipswich Town Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 05:43, High tide: 12:02, Low Tide: 17:54, High tide: 00:23 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 19km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:52, High tide: 00:21 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 28km/h, Wind direction: W, Low tide: 05:41, High tide: 11:59, Low Tide: 17:52, High tide: 00:20 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A