Elf vas oor dwelms
Misdaad
'n Vyf-en-twintigjarige man is Vrydag omstreeks 16:30 tydens polisie-optrede op Aroab in hegtenis geneem met een sak suiwer dagga ter waarde van N$1 440.
Luidens 'n misdaadverslag van die Namibiese polisie is 'n 22-jarige man Vrydag om 18:20 op Walvisbaai tydens polisie-optrede met 35 gram dagga ter waarde van N$1 750, asook N$160 in kontant in hegtenis geneem.
Tydens dieselfde optrede is 'n 42-jarige man drie ure later in die besit van 5 gram dagga ter waarde van N$250 in hegtenis geneem.
By Mariental se informele nedersetting Donga is 'n 27-jarige man met vier pakkies dagga ter waarde van N$9 650 in hegtenis geneem.
Twee mans van 33- en 40-jarige ouderdom is Saterdag omstreeks 08:22 op Karibib in die besit van vier volle en een halwe Mandrax-tablette ter waarde van N$1 880 in hegtenis geneem.
POLISIE-OPTREDE
Tydens dieselfde polisie-optrede is 'n 40-jarige man omstreeks 10:00 in die informele nedersetting Usab op Karibib in die besit van een bankie dagga, een bottelnek en twee pype ter waarde van N$45 in hegtenis geneem.
Ook op Karibib is 'n 35-jarige man in die besit van een bankie dagga ter waarde van N$35 omstreeks 11:00 in Usab in hegtenis geneem.
In Narraville op Walvisbaai is 'n 50-jarige vrou Saterdag omstreeks 18:45 in hegtenis geneem. Sy was in die besit van ses bankies dagga ter waarde van N$750.
Saterdag om 18:40 in Narraville is 'n 37-jarige man met 12 bankies dagga ter waarde van N$2 000 in hegtenis geneem. Op die Trans-Caprivi-hoofpad in die Kavango-Oosstreek is 'n 32-jarige man met 16 pakkies dagga ter waarde van N$86 396 in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie