Elf vas oor dwelms
Tanja Bause - Altesaam 11 verdagtes is in vyf dae in verband met dwelms in hegtenis geneem
Twee verdagtes (albei 49 jaar oud) is Woensdag om 21:30 op Aranos in hegtenis geneem nadat hulle in besit van 18 balies dagga, 39 kwarte Mandrax-tablette en twee halwe Mandrax-tablette gevind is.
Die waarde van die dwelms is nog nie bekend nie, volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag.
In die Andrewville-nedersetting op Maltahöhe is ’n 28-jarige vrou en ’n 43-jarige man Donderdag om 06:00 ook in die besit van dwelms in hegtenis geneem. Volgens die polisie was hulle in besit van 95 Mandrax-tablette, drie halwe Mandrax-tablette en 10 kwarte Mandrax-tablette ter waarde van N$11 880. Daar is ook op N$891 beslag gelê. Volgens die polisie is hulle by hul huis in hegtenis geneem.
Donderdag om 05:00 is ’n 38-jarige man ook in die Andrewville-nedersetting op Maltahöhe in besit van 20 balies dagga in hegtenis geneem.
Dinsdag het die polisie ’n huis in die Mamono-nedersetting in die Kavango-Oosstreek deursoek en op dagga afgekom. ’n 19-jarige man is in verband die voorval in hegtenis geneem. Die waarde van die dwelms is nog nie bekend nie. Die polisieondersoek duur voort.
Otis Finck berig uit Walvisbaai dat vyf mense Vrydag en Saterdag op Usakos en Swakopmund tydens polisieklopjagte in verband met die besit van dwelms in hegtenis geneem is.
’n Man (28) is by ’n huis in Leutweinstraat in die Hakhaseb-nedersetting op Usakos in hegtenis geneem. Hy is met 130 gram dagga, nege Mandrax-tablette, drie halwe Mandrax-tablette, 'n kwart Mandrax-tablet en 105 ballies dagga ter waarde waarde van N$2 375 in sy besit gevang.
Nog ’n 30-jarige verdagte is in ’n huis voor die Hakhaseb-gemeenskapsaal in hegtenis geneem. Die polisie het op 16 eenhede crack-kokaïen, een blok kokaïen, 13 Mandrax-tablette, 'n halwe en 'n kwart Mandrax-tablette, 154 ballies dagga, asook een banksakkie en twee pakkies dagga ter waarde van N$2 175 beslag gelê.
Saterdag is ’n 47-jarige man in ’n huis in die Saamstaan-nedersetting met 144 ballies, 15 banksakkies en drie pakkies dagga, asook een eenheid crack-kokaïen en een Mandrax-tablet ter waarde van N$7 950 in hegtenis geneem.
In die Mondesa-woonbuurt op Swakopmund is ’n 23-jarige man met drie ballies dagga en drie tablette, vermoedelik Mandrax, ter waarde van N$400 by ’n huis in hegtenis geneem. Nog ’n 25-jarige man is met 213 balies en een pakkie dagga ter waarde van N$7 650 in sy besit in hegtenis geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie