Elf sterftes, 90 nuwe gevalle
Die Covid-sterftes styg met 11 tot 3 386. Twee was tuissterftes en nie een van die sterfgevalle was ingeënt nie. Gister is 90 nuwe gevalle aangemeld, 'n positiewe koers van 7,4%. Onder die gevalle is 21 leerlinge, drie onderwysers en een gesondheidswerker. Tans is daar 2 291 aktiewe gevalle waarvan 170 in die hospitaal en 24 in die ICU is. Tot op hede het 213 438 mense hul eerste dosis entstof ontvang, terwyl 115 624 volledig ingeënt is. Die herstelkoers staan op 94,4%.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie