Elf doele vir Fagan in 27-0 wegholsege
Elf doele vir Fagan in 27-0 wegholsege

Elf doele vir Fagan in 27-0 wegholsege

Hokkie
Andrew Poolman
Die akkuraatheid van die Namibiese manshokkiespan was gans te veel vir Botswana in hul openingswedstryd vanoggend by die binnenshuise Afrika-kampioenskap in Durban.
Fagan Hansen het altesame elf doele ingeryg in die Namibiërs se wegholsege met 27-0.
Die Namibiese voorsprong was reeds 7-0, 17-0 en 21-0 ná die eerste drie kwarte, van tien minute elk.
Brynn Cleak (ses doele), Liam Hermanus (ses doele), Pieter Jacobs, Owen Hatton, Cody van der Merwe en JP Britz (een doel elk) het die Namibiese totaal reeds vanaf die eerste minuut hoër gehelp druk.
In die driehoekige reeks word Botswana reeds op die eerste dag lelik slae gegee, want sy vrouespan het ook teen Suid-Afrika met 26-0 verloor.
Al die aanduidinge is dus dat die Namibiese vroue- en manspanne afstuur om vir Sondag se bepalende eindstryde (onderskeidelik 14:00 en 16:00) teen Suid-Afrika te staan te kom.
Net die kontinentale titelhouers dring deur tot die binnenshuise Wêreldkampioenskap wat volgende jaar in België voorlê.


FOTO
Fagan Hansen op die aanval teen Botswana. Foto’s Christopher Murphy

Kommentaar

Republikein 2026-05-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer