Elders wag jy nu00f3g langer vir BTW-terugbetaling
Elders wag jy nu00f3g langer vir BTW-terugbetaling

Elders wag jy nóg langer vir BTW-terugbetaling

Belastingowerhede kan meer doen om nuwe tegnologie te benut om die las op belastingbetalers te verlig.
Francois Williams – Al kla Suid-Afrikaanse sakelui die afgelope jare oor hoe lank hulle wag dat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) hul BTW-eise terugbetaal, wys ’n nuwe verslag Suid-Afrika presteer eintlik relatief goed op dié terrein.

In Suid-Afrika duur dit gemiddeld 16,6 weke om ’n BTW-terugbetaling te kry teenoor die internasionale gemiddelde van 29 weke en die Afrika-gemiddelde van 38,6 weke, volgens ’n verslag van PwC en die Wêreldbank wat Woensdag uitgereik is.

Die Suid-Afrikaanse tydsduur is ’n verbetering op die 26,6 weke wat dit geduur het toe die vorige jaar se verslag opgestel is.

Die jaarlikse Paying Taxes-verslag meet die prestasie van belastingowerhede se hantering van maatskappybelasting in 190 lande.

Suid-Afrika is 46ste op die rangorde, onveranderd van die vorige jaar se verslag

Die slotsom van die verslag is dat belastingowerhede meer kan doen om nuwe tegnologie te benut om die las op belastingbetalers te verlig.

Kyle Mandy, belastingbeleid-leier by PwC Suid-Afrika, sê dit sal interessant wees om verdere verbeterings in Suid-Afrika se belastingstelsel oor die volgende paar jaar te monitor namate die SAID die agterstand van BTW-terugbetalings wegwerk waarna in die mediumtermynbegrotingsraamwerk in Oktober verwys is.

Hier is van die ander bevindings in die verslag:

· In Suid-Afrika duur dit 11 uur om ’n fout op ’n belastingopgawe van ’n maatskappy reg te stel, teenoor die internasionale gemiddelde van 15,1 uur. Maar as die korreksie lei tot verdere interaksie met die SAID kan dit 31,6 weke duur vandat die korreksie ingedien is totdat al die interaksie met die owerheid afgehandel is, insluitende oudits. Die wêreldgemiddelde in dié geval is 26,1 weke.

· In Suid-Afrika duur dit 210 uur om ’n belastingopgawe in te dien en belasting te betaal, teenoor die wêreldgemiddelde van 237 uur en die Afrika-gemiddelde van 284 uur. (Die 210 ure verwys volgens PwC na die aantal ure wat dit ’n maatskappy neem om sy opgawe vir maatskappybelasting, BTW of enige ander maatskappyverwante belasting voor te berei, die opgawe in te dien en die belasting te betaal.)

· In 27 van die 53 lande in Afrika wat gemeet is, duur dit minder as die wêreldgemiddelde van 237 uur om ’n opgawe in te dien en die belasting te betaal, terwyl dit langer as 600 uur duur in vyf van die Afrikalande. Die grootste vermindering in dié tyd vanjaar was in die Ivoorkus waar die tydsduur met 65 uur verminder is nadat ’n elektroniese indieningstelsel soortgelyk aan die SAID se eFiling daar vir groot en middelslagmaatskappye ingestel is. In Gaboen het die tydperk tot 144 uur gestyg nadat twee nuwe belastings ingestel is. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 12° | 32° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 32° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 15° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 13° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 14° | 21° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 16° | 19° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 25° Wind speed: 36km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 14° | 29° Mariental: 17° | 31° Keetmanshoop: 19° | 31° Aranos: 16° | 31° Lüderitz: 15° | 25° Ariamsvlei: 18° | 33° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 14° | 27° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 12° | 26° Maseru: 11° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 13° | 27° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 15° | 19° Durban: 17° | 28° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 24° | 28° Lusaka: 15° | 27° Harare: 13° | 28° #N/A #N/A