Ekspo gee volhoubare toerisme woema
Volgende jaar vind die Namibië Toerisme Ekspo (NTE) vir die 21ste keer plaas, en sal op herwinning fokus.
Dit sal van 5 tot 8 Junie by Windhoek se skougronde plaasvind, en vir ’n laaste keer onder die subtema van ekotoerisme.
“Namibië moet op die verbetering van praktyke en standaarde by afvalverwyderingsterreine fokus, sowel as op die verbetering van afvalbestuur in die geheel sodat Namibië die mees gesogte toeristebestemming in Afrika kan wees,” het mnr. Albe Botha, Namibia Media Holdings se uitvoerende hoof, gesê.
Die afgelope 21 jaar het die NTE die ondersteuning van die regering, die Namibië Toerismeraad (NTB) en Windhoek se munisipaliteit geniet.
Me. Tracy Eagles, die FirstRand Namibia-groep se hoof- bemarkingsbestuurder, het die ondersteuning van First National Bank (FNB) en WesBank bevestig.
“NTE is 'n geleentheid vir almal om Namibië, sy majestueuse natuurskoon, sy oneindige wildlewe en ons mense se diversiteit te vier. Ons sien uit daarna om nuwe besoekers en ou vriende te ontmoet. Beide WesBank en FNB is gereed om 2019 se NTE en Motorskou die beste ooit te maak,” het Eagles gesê.
Volgens me. Maureen Posthuma, die NTB se bemarkingshoof, is die ekspo ‘n opwindende platform vir die Namibiese toerismebedryf om produkte en geleenthede op verskeie maniere aan Namibiese reisigers bekend te stel.
“Die NTB verwelkom dus die NMH-bestuur se ondernemingsgees om 'n hele saal vir die bevordering van binnelandse toerisme beskikbaar te stel. Binnelandse toerisme in Namibië het baie groot groeipotensiaal en kan 'n groot inkomsteverskaffer word indien meer Namibiërs in hul eie land reis. Toerisme begin inderdaad tuis,” het sy gesê.
Die NTE word deur NMH, FNB en Old Mutual geborg.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie