Eksamenuitslae Donderdag bekend
Die voorlopige uitslae vir graad 10-(JSC) en graad 12-(NSSC)hoërvlakkandidate – voltydse en deeltyds – word eerskomende Donderdag amptelik bekend gemaak.
Die uitslae sal op die webtuiste van die direktoraat vir nasionale eksamens en evaluerings by www.dnea.gov.na, of op die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se webtuiste, www.moe.gov.na, beskikbaar wees.
Toegang daartoe kan ook per SMS verkry word deur die naam van die eksamen (JSC/NSSC), gevolg deur die kandidaat se van en eerste naam of volle eksamennommer na die volgende nommers te stuur: 2929, 99099 of 55755.
Die webtuistes en die SMS-diens sal van 00:15 af Donderdag aktief wees.
Vanjaar het 56 112 kandidate, 44 890 voltyds en 11 222 deeltyds, vir die Junior Sekondêre Sertifikaat(graad 10)-eksamen by 731 junior sekondêre skole en 143 deeltydse onderrigsentrums ingeskryf.
Die aantal graad 10-kandidate (voltyds en deeltyds) het met 2 784 (5,2%) in vergelyking met verlede jaar gestyg.
Vanjaar het 17 968 kandidate, 16 932 voltyds en 1 036 deeltyds, vir NSSC-hoërvlakvakke geregistreer.
Die aantal hoërvlakkandidate het met 10,3% (1 672 ) teenoor dié van verlede jaar gestyg.
Die uitslae vir die graad 12-gewonevlakkandidate word in Januarie aanstaande jaar bekend gemaak.
Alle kandidate wat vanjaar se nasionale eksamens afgelê het, moet hul kandidaatnommers byderhand hê om toegang tot hul uitslae te verkry.
Uitslae kan tydens kantoorure by streekkantore bekom word – hetsy deur te skakel of die kantore te besoek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie