Ekoterreur
JOHAN SNYMAN SKRYF:
Ek was in Augustus in die Kaokoland en Damaraland en moet sê dat ek geskok was om die aanslag van ekoterroriste op die gebied te sien. Die spore van voertuie was orals teen duine te sien en dan was die gewraakte “doughnuts”, waar mense met hul voertuie sirkels in die veld maak, ook orals te sien.
Omdat die mense so moeilik is op te betrap, is dit 'n onbegonne taak om die skuldiges vas te trek. Maar. . .
Gister (12 September 2018) het 'n persoon op 'n Suid Afrikaanse 4x4-aanlynforum homself genkrimineer. Hy was ook “gaaf” genoeg om foto's van sy voertuig se registrasienommer op die webblad te laai (Volledige inligting oor die webwerf en individu is verskaf.)
Is daar enigeiets wat mens kan doen om ekoterroriste soos hierdie aan die kaak te stel? Hulle is besig om die natuur op te voeter, en in die proses die mooi vir almal te bederf. Omdat owerhede dit so moeilik vind om te beheer, en te polisieër, is die maklikste manier om dit te stop vir hulle om net eenvoudig die gebied vir alle toeriste te sluit. En dan boet ons almal vir die wandade van 'n paar individue in ons geledere.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie