Ekonomiese raadgewer verlaat die Withuis

08 March 2018 | Internasionaal
Die Amerikaanse aan­delemarkte het Dinsdag 'n insinking ervaar nadat die New York Times berig het dat pres. Donald Trump se ekonomiese raadgewer, Gary Cohn, beplan om te bedank.

Die Withuis en Trump het dié nuus op Twitter bekend gemaak.

Cohn en Trump stem glo nie saam oor die president se besluit om invoertariewe op staal- en ­aluminium te hef nie, berig CNN.

Volgens die Withuis sal hy binne die volgende paar weke sy amp verlaat, maar net 'n paar weke gelede was daar sprake dat hy dalk die ­volgende personeelhoof van die Withuis kan word.

“Gary was my ekonomiese hoofraadgewer en het goeie werk gedoen om ons doelwitte te verwesentlik. Hy het gehelp om historiese belastinginkortings en hervorming te bewerkstellig en het die Amerikaanse ekonomie weer op dreef gekry. Hy is besonders en ek wil hom vir sy diensbaarheid teenoor die mense van Amerika bedank,” sê Trump in 'n verklaring.

Volgens CNN is baie mense ontevrede oor Cohn se bedanking, veral in Washington en Wall Street waar baie mense gedink het dat die ­voormalige werk­nemer van Goldman Sachs 'n stabiele invloed op die ekonomiese beleid in die Withuis sou hê.

Sy bedanking en Trump se onlangse pogings om 'n nasionalistiese handels­agenda daar te stel, het vrae laat ontstaan oor die rigting wat die Trump-­regering inslaan.

Die nuutste verwikkelinge het die chaos vererger wat in die Withuis heers.

Cohn is net een van 'n rits hoëprofielbedankings. Dit is nog onduidelik wie hom gaan opvolg. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Air Namibia vra nóg miljarde

9 ure gelede | Vervoer

Catherine Sasman - Air Namibia se topbestuur sê dit sal tussen N$2,5 en N$3 miljard kos om winsgewend en selfstandiger te word.By ‘n voorlegging aan...

175 ton op 136 wiele

9 ure gelede | Energie

Twee vragmotors het gister met ’n NamPower-transformator van 175 ton daarop deur die hoofstad gery.Die vrag word deur vier voertuie begelei en is op pad...

'Elke dag is die beste van my lewe'

9 ure gelede | Mense

Tanja Bause - Sowat 18 jaar gelede het mnr. George Groenewald se lewe ná ’n motorongeluk handomkeer verander. Ná die ongeluk is hy meegedeel dat...

Weer vir 20 September 2018

9 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide met enkele buie in die verre Suide. Elders sal dit baie warm wees, maar bloedig warm in...

Swakopmunder skuldig aan seksdade

9 ure gelede | Howe

Denver Kisting – ’n 42-jarige man van Swakopmund is die afgelope week op vyf klagte van kinderhandel en vyf alternatiewe klagte van onwelvoeglike dade met...

Prins William kom kuier

9 ure gelede | Gebeure

Francoise Steynberg - Prins William gaan Maandag vir die eerste keer amptelik in Namibië kom kuier ná sy rooikop broer, Harry, die land al 'n...

Interpol-bal aan die rol vir Rooies

9 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Die Teenkorrupsiekommissie (ACC) en Interpol span tans kragte saam om ’n oudlanddros terug in Namibië te kry.Adj.komm. Immanuel Sam, Namibië se plaaslike...

‘Goue gonsers’ verower die kus

9 ure gelede | Kuns en vermaak

Leandrea Louw - Walvisbaai Privaat Hoërskool (WBPHS) was vanjaar die gasheer vir die derde, jaarlikse Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees. Dit was inderdaad ’n fees...

NSFAF vorder skuld liewer self in

9 ure gelede | Onderwys

Augetto Graig - Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) het op 14 September ’n ooreenkoms beëindig wat hulle met Tribesmen en die Suid-Afrikaanse New...