Ekonomiese raadgewer verlaat die Withuis
Die Amerikaanse aandelemarkte het Dinsdag 'n insinking ervaar nadat die New York Times berig het dat pres. Donald Trump se ekonomiese raadgewer, Gary Cohn, beplan om te bedank.
Die Withuis en Trump het dié nuus op Twitter bekend gemaak.
Cohn en Trump stem glo nie saam oor die president se besluit om invoertariewe op staal- en aluminium te hef nie, berig CNN.
Volgens die Withuis sal hy binne die volgende paar weke sy amp verlaat, maar net 'n paar weke gelede was daar sprake dat hy dalk die volgende personeelhoof van die Withuis kan word.
“Gary was my ekonomiese hoofraadgewer en het goeie werk gedoen om ons doelwitte te verwesentlik. Hy het gehelp om historiese belastinginkortings en hervorming te bewerkstellig en het die Amerikaanse ekonomie weer op dreef gekry. Hy is besonders en ek wil hom vir sy diensbaarheid teenoor die mense van Amerika bedank,” sê Trump in 'n verklaring.
Volgens CNN is baie mense ontevrede oor Cohn se bedanking, veral in Washington en Wall Street waar baie mense gedink het dat die voormalige werknemer van Goldman Sachs 'n stabiele invloed op die ekonomiese beleid in die Withuis sou hê.
Sy bedanking en Trump se onlangse pogings om 'n nasionalistiese handelsagenda daar te stel, het vrae laat ontstaan oor die rigting wat die Trump-regering inslaan.
Die nuutste verwikkelinge het die chaos vererger wat in die Withuis heers.
Cohn is net een van 'n rits hoëprofielbedankings. Dit is nog onduidelik wie hom gaan opvolg. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie