Ekonomie kort dringend aandag, Cyril!
Ekonomie kort dringend aandag, Cyril!

Ekonomie kort dringend aandag, Cyril!

Die probleme van die plaaslike ekonomie en maatskaplike omgewing verg aandag voordat investering op dreef sal kom, sê 'n kenner.
Ulrich Joubert



“The fact that the economy is sliding into tatters . . . amounts to tremendous pressure on the government to respond to our demands.”

Hierdie aanhaling uit Anthea Jeffery se boek People's War is in 1992 deur die ANC-onderhandelaar, Cyril Rama­phosa, aan die destydse ­regering gerig.

Dié aanhaling kan vandag aan pres. Cyril Ramaphosa, die regering in die algemeen en spesifiek die ANC as ­regerende party, herhaal word. En dié eis kom nie van 'n politieke party nie, maar van die ekonomie en ook die mense van Suid-Afrika.

Die regering moedig investering in die plaaslike ekonomie aan. Maar waarom sal buitelandse en plaaslike sakelui dit egter oorweeg om in Suid-Afrika te belê terwyl die ekonomie swak vaar, die arbeidsomgewing moeilik is, beurtkrag toegepas word en dienste dikwels nie deur ­munisipaliteite gelewer word nie? Die probleme van die plaaslike ekonomie en maatskaplike omgewing verg aandag voordat investering op dreef sal kom.



Arbeidsbedeling

Die afgelope jaar se matriekslaag­syfer van meer as 80% is 'n riem onder die hart.

Maar ongelukkig is daar twyfel of hierdie slaagsyfer 'n realistiese aanduiding is dat dié matrikulante gereed is vir verdere studie of vir die eise van die hedendaagse werkomgewing.

Indien nie, word baie van hierdie jong mense net deel van die reeds onaanvaarbare hoë werkloosheidstatistieke.

In die huidige arbeidsbedeling het baie van hulle nie die vooruitsig om ooit 'n permanente pos te kry nie. Die afgelope 25 jaar se onbuigsame arbeidsbedeling beperk die indiens­neming van mense terwyl groter ­meganisasie van die werksplek aangemoedig word.

Hoe los jy dié probleem op?

Die standaard van onderwys en opleiding moet dramaties ­verbeter. Die koste van arbeid vs. meganisasie moet krities beoordeel word. 'n Baie buigsamer arbeidsbedeling moet aanvaar word.

Is die huidige regerende ­alliansie bereid om dit te doen en kort­termyn­opofferings te maak ter wille van die langtermyngroei van die ­ekonomie en die skep van werkgeleenthede?

Wat gaan gedoen word om die onrus­barende stroom van ­geskoolde emigrasie stop te sit?

Die ­emigrasie van elke ­geskoolde persoon veroorsaak dat die land verarm, werkloosheid styg en ­belastinginkomste daal.

Is die owerheid gewillig om ­reg­stellende aksie te beperk ter wille van die langtermyngroei van die ­ekonomie?



Fiskale omgewing

Met die begrotingsrede op 26 Februarie op hande, is die fokus tans op die land se fiskale situasie.

Uitgawes moet besnoei word, want dit lyk asof ekonomiese groei en dus ook belastinginkomste weer eens swak sal vertoon. Geen belastingverhogings, korrupsie, wanbesteding of vermorsing kan geduld word nie.

Die oormatige besteding aan salarisse moet met beslistheid aandag kry op sentrale, provinsiale en plaas­like ­regeringsvlak. Sien die ­owerhede hiervoor kans met die munisipale verkiesing in 2021 om die draai?

Hoe gaan die finansiële ­probleme van die staatsbeheerde ­ondernemings gehanteer word en watter invloed sal dit op staatsfinansies en die -skuldposisie hê?

Gaan die ideologie van geen ­privatisering en geen ­werkverliese in die pad staan van die lang­termyngroeipotensiaal van die land? Gaan meer en meer geld in bodemlose putte gegooi word omdat dit byvoorbeeld belangrik is vir politieke prestige om 'n staatslugdiens in die lug te hou?

Ter wille van die ekonomie moet Eskom voortbestaan, maar mynmaatskappye kan nou toegelaat word om sonder 'n lisensie eie krag op te wek. Kan dit na ander sektore van die private sektor en na ander funksies wat deur staatsondernemings gelewer word, uitgebrei word?

Kan dit meehelp dat dienste en funksies doeltreffender en ­goedkoper as tans aan die res van die ekonomie gelewer word?

Kan dit daartoe bydra dat die inmenging van die staat in die werking van die ekonomie beperk word?

Dit lyk asof Moody's Investors Service Suid-Afrika reeds in Maart tot rommelstatus kan afgradeer.

Dié risiko bring mee dat die ­Reserwebank 'n versigtige monetêre beleid volg.

Die land bly afhanklik van die invloei van ­buitelandse kapi­taal om die tekorte op die lopende ­rekening van die betalingsbalans, die staats­begrotings en die langtermyn­behoeftes van staatsondernemings te finansier.

Die swak vertoning van die ekonomie, ­onaanvaarbare werkloosheidskoers en inflasie wat redelik onder beheer is, toon dat rentekoerse verder verlaag sou kon word indien die risiko wat met staatsfinansies ­gepaardgaan en die ­kredietgradering nie 'n rol speel nie.

En as rentekoerse verlaag word sonder om die strukturele ­probleme wat die afgelope 25 jaar ontwikkel het te takel, sal die ekonomie steeds nie voldoende groei nie.

Die strukturele aanpassings kan gedoen word met sterk ­politieke leiding. Lok plaaslike en inter­na­sionale beleggers met sake­vriendelike stappe eerder as om hulle af te skrik met ondeurdagte standpunte oor grondonteiening sonder vergoeding of deur 'n onwerkbare en onbekostigbare projek soos Nasio­nale Gesondheidsversekering deur te voer.

Meneer die president, die land vra van u sterk politieke leiding.

• Ulrich Joubert is 'n onafhanklike ekonoom.– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: Premier League: Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%