Ekonomie bloei lánkal

Nuwe NSA-somme

13 December 2019 | Plaaslik
Jo-Maré Duddy – Ekonomiese groei het reeds in 2015 skerp begin tuimel sonder dat dit deur amptelike syfers weerspieël is, toon nuwe data wat gister deur die Namibië Statistiekagentskap (NSA) vrygestel is.

Die NSA se jongste syfers is op die bestendige pryse van 2015 gebaseer. Hiervolgens het die ekonomie in dié jaar met 4,5% gegroei – aansienlik laer as die 6,1% wat tot dusver deur NSA-statistiek aangedui is en wat op bestendige pryse van 2010 geskoei was.

In oorleg met die aanbevelings van die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) herbaseer die NSA die land se nasionale rekeninge elke vyf jaar, het die statistikus-generaal, mnr. Alex Shimuafeni, gister gesê. “Dit is goeie internasionale praktyk dat die skattings van nasionale rekeninge elke vyf jaar, indien nie elke jaar nie, herbaseer word,” het hy gesê.

Volgens die nuwe syfers was Namibië reeds in 2016 in ‘n resessie. Die ekonomie het toe met -0,3% gegroei en nie met 1,1% soos voorheen bereken nie. In 2017 het die bruto binnelandse produk (BBP) met -0,1% gegroei en beter gevaar as die -0,9% soos vorige NSA-syfers.

Luidens die NSA se jongste somme was Namibië níé verlede jaar in ‘n resessie nie. Anders as die -0,07% wat tot nou toe aanvaar is, het die ekonomie met 0,34% gegroei.

Dit is hoofsaaklik te danke aan ‘n beter as verwagte vertoning van sekondêre nywerhede soos vervaardiging. Geskoei op 2010-pryse het die sekondêre sektor in 2018 met -3,37% gegroei. Volgens 2015-pryse was dit 0,12%.

KWARTALE

Namibië is tans egter opnuut in ‘n resessie, toon die NSA se jongste kwartaalsyfers.

Hiervolgens het die ekonomie in die derde kwartaal met -0,8% op ‘n jaargrondslag gegroei, heelwat beter as die harde bene wat in die eerste ses maande van vanjaar gekou is.

Herbaseerde syfers toon groei van -3,6% en -2,9% in die eerste en tweede kwartale onderskeidelik. Volgens die ou data was dit -2,9% en -2,6% onderskeidelik.

Klein- en groothandel, een van die swaargewigte van die ekonomie, het die afgelope kwartaal met -5,4% gegroei. Dit is die sektor se elfde opeenvolgende kwartaal in die rooi.

Die enigste ander sektore wat in die derde kwartaal in resessie was, was mynbou, vervoer en berging, asook onderwys en gesondheid.

RESESSIEVRY

Volgens die NSA kon konstruksie die afgelope kwartaal uit resessie loswikkel en het dit met 20% gegroei. Syfers geskoei op 2010-pryse het ononderbroke negatiewe groei sedert die eerste kwartaal van 2016 getoon. Die nuwe berekeninge wys positiewe groei vir die laaste kwartaal van 2017, asook die eerste twee kwartale van 2018.

Landbou en bosbou is ook nie meer in ‘n resessie nie, luidens die jongste syfers. Dié sektor het in die derde kwartaal met 1,5% gegroei nadat dit in die eerste twee kwartale vanjaar met onderskeidelik 8,3% en 29,3% ingekrimp het.

Staatsadministrasie het ook vir die eerste keer in ‘n jaar positief vertoon met groei van 0,8%.

Jaar-op-jaar groei vir die ander sektore die afgelope kwartaal was: Visserye (1,4%), vervaardiging (0,3%), hotelle en restaurante (2,9%), inligting en kommunikasie (5,2%), finansiële intermediasie (1,5%), asook eiendom en professionele dienste (7,5%).

- [email protected]

Soortgelyk

 

Geen water, krag by 15 skole

19 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht - Vyftien skole in Windhoek se water en ligte is weens agterstallige betalings deur die Windhoekse munisipaliteit afgesny. Die skuld wat reeds meer...

Droogte spook by akkerbou

19 ure gelede |

Elvira Hattingh - Verwagtinge vir vanjaar se nasionale witmielieoes is van meet af aan kleiner – hoofsaaklik weens verlede jaar se droogteramp. Dit omdat Hardap-akkerbouers...

Corona: Geen beperkings op handel

19 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Teen die einde van dié week sal 20 lande in Afrika, insluitende Namibië, plaaslik toetse vir die coronavirussiekte (covid-19) kan doen. Volgens...

Weer vir 13 Februarie 2020

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydpverspreide donderbuie sal in die Suide voortduur.BINNELAND: Sonnig en baie warm in die Weste. Elders sal dit gedeeltelik bewolk en baie tot bloeidg warm...

Samsung unveils Galaxy Z Flip

19 ure gelede | Tegnologie

Samsung Electronics on Tuesday unveiled a foldable smartphone shaped like a large makeup compact and put 5G mobile network capabilities into all of its other...

Geldnood kniehalter regbank

19 ure gelede | Ministeries

Denver Kisting – Die al groter wordende geldnood in die land lê sommige funksies van die regbank lam.Gevolglik kon streekhowe verlede jaar net 20% van...

Fishrot: Namibië wil weet

19 ure gelede | Regering

Augetto Graig - Die tiende sessie van Namibië se sesde parlement het Dinsdag afgeskop en verskeie vrae oor die internasionale Fishrot-korrupsieskandaal opgelewer.Die land se sewende...

Henties bespreek beweerde rassevoorvalle

19 ure gelede | Gemeenskap

Yandi du Plessis - Hentiesbaai se toerismevereniging het onlangs met die burgemeester en waarnemende hoof van die Hentiesbaai-munisipaliteit, mnr. Herman /Honeb, vergader om voorvalle van...

Twee mans verkrag 15-jarige glo

19 ure gelede | Misdaad

Twee mans het Sondag ’n 15-jarige meisie op Maltahöhe na bewering verkrag. Volgens die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag het die voorval tussen...