Ekonome weet nie ru00earig wat om te verwag
Ekonome weet nie ru00earig wat om te verwag

Ekonome weet nie rêrig wat om te verwag

Sowat $2 000 miljard se waarde kan in die wêreldwye bruto binnelandse produk verlore gaan.
Elvira Wood – Die dramatiese gebeure op die wêreldmarkte in die eerste helfte van Maart het ekonome se kristalballe vertroebel.

Die meeste van die 39 ekonome wat vanjaar deelneem aan die Ekonoom van die Jaar-wedstryd wat deur Netwerk24, Beeld, Die Burger, Rapport en Volksblad aangebied word, erken hulle weet nie wat vir Suid-Afrika of die wêreld voorlê nie.

Die JSE het Donderdag ’n bykans ongekende daling van bykans 10% beleef weens paniek.

Die New Yorkse aandelebeurs het met sy opening Donderdag binne minute so skerp geval dat stroombrekers weer begin werk het wat verhandeling vir die tweede keer in die week van 9 tot 13 Maart gestop het.

Die rand het te midde van die paniek in ’n stadium tot R16,54 teenoor die dollar verswak.

In Europa en Brittanje het aandele in ’n stadium voor hul beurssluitings ook met meer as 10% geval. Dit sluit in die FTSE 100 van Brittanje, die DAX van Duitsland en die CAC 40 van Frankryk.

Die Verenigde Nasies se Konferensie oor Handel en Ontwikkeling (Unctad) raam konserwatief dat dié koronavirussiekte die wêreldekonomie met tot $1 000 miljard kan laat inkrimp.

Unctad sê in ’n verslag wat op 9 Maart uitgereik is die impak van Covid-19 op waardekettings en ekonomiese uitset wêreldwyd neem voortdurend toe.

In sy ergste scenario raam hy dat die groei in die wêreld se bruto binnelandse produk (BBP) in 2020 tot net 0,5% kan verlangsaam. Dít sal daartoe lei dat meer as $2 000 miljard se waarde in die wêreldwye BBP verlore sal gaan.

Ekonome wat aan die Ekonoom van die Jaar-wedstryd deelneem, het in die tweede week van Maart beduidende aanpassings gemaak wat betref ekonomiese groei, wisselkoerse, die rentekoers en die olieprys.

Ekonome se konsensusvoorspelling is dat die land se ekonomie in 2020 met net 0,25% gaan groei. Die standaardafwyking is ’n skamele 0,44. Dit is teenoor groei van 0,57% wat hulle in Februarie voorspel het.

Die kredietgradeerder Moody’s Investors Service verwag groei van net 0,4% vir Suid-Afrika in 2020, beduidend minder as wat die Reserwebank (1,2%), die tesourie (0,9%) en die Internasionale Monetêre Fonds (1,1%) tot dusver verwag. Hul verwagting is egter nog nie aangepas sedert die verspreiding van die virus soveel paniek op die markte veroorsaak het nie.

Nege van die 39 ekonome wat aan die wedstryd deelneem, verwag nou dat Suid-Afrika se ekonomie in ’n resessie gaan verval in 2020. In Februarie het net vier so ’n donker prentjie voorspel.

Die mees optimistiese vooruitsig is dié van prof. Roelof Botha van die Optimum-groep, wat groei van 1% verwag. Die mees pessimistiese vooruitsig is dié van Fanie Brink, ’n onafhanklike ekonoom, wat verwag dat die ekonomie met 1% gaan krimp.

Aanpassings aan die ekonome se voorspellings is soos volg:

· Rand-euro-wisselkoers: van R16,63 tot R16,96 (standaardafwyking 0,59).

· Rand-dollar-wisselkoers: van R15,05 tot R15,33 (0,62).

· Platinumprys: van $959,77/ons tot $935,82/ons (52,24).

· Inflasiekoers: van 4,48% tot 4,39% (0,38).

· Olieprys: van $60,42/vat tot $54,34/vat (6,25).

Ekonome het steeds uiteenlopende verwagtinge oor die tekort op die lopende rekening.

Die konsensusvoorspelling is nou ’n tekort van R165,67 miljard (R177,44 miljard in Februarie).

Die standaardafwyking is 44,06.

Hulle verwag nou dat die prima uitleenkoers einde vanjaar op 9,2% gaan staan teenoor Februarie se verwagting van 9,41%. Die standaardafwyking is 0,57. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-05-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05% Sport results: LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Frosinone 0 vs 5 Inter Milan Weather: Katima Mulilo: 14° | 33° Rundu: 13° | 32° Eenhana: 13° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 17° | 32° Windhoek: 15° | 28° Gobabis: 16° | 29° Henties Bay: 14° | 19° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:22, Low Tide: 23:42, High tide: 17:53 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:20, Low Tide: 23:40, High tide: 17:51 Walvis Bay: 15° | 23° Wind speed: 32km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:19, Low Tide: 23:40, High tide: 17:50 Rehoboth: 17° | 29° Mariental: 20° | 32° Keetmanshoop: 17° | 31° Aranos: 19° | 31° Lüderitz: 12° | 26° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 19° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 15° | 29° Lubumbashi: 14° | 29° Mbabane: 15° | 20° Maseru: 10° | 25° Antananarivo: 13° | 24° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 21° | 26° Windhoek: 15° | 28° Cape Town: 14° | 19° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 25° Dar es Salaam: 23° | 30° Lusaka: 19° | 29° Harare: 15° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23 | EUR to NAD 19.82 | CNY to NAD 2.55 | USD to NAD 18.41 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.56 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.06 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.44 | USD to ZMW 26.75 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 360.52/OZ UP +0.59% | Copper US$ 4.62/lb UP +1.13% | Zinc US$ 2 961.00/T DOWN -0.06% | Brent Crude Oil US$ 83.21/BBP DOWN -0.0171 | Platinum US$ 995.62/OZ UP +1.05%