Ekandjo se bestuurder sterf in ongeluk
Die minister van sport, jeug en nasionale diens, mnr. Jerry Ekandjo, se amptelike motorbestuurder het vroeg gisteroggend tragies in ongeluk buite Okahandja gesterf.
Mnr. Johannes (Johnny) Lusiano (44), is op slag in 'n trompop botsing tussen 'n regeringsbakkie en 'n sedanvoertuig dood. Lusiano het in die bakkie doodgebrand en die bestuurder van die sedanvoertuig, mnr. Jafet Amakuti (44), is ook op slag dood.
Beide was die enigste insittendes in die onderskeie voertuie.
Volgens 'n woordvoerder van die polisie, hoofinsp. Kauna Shikwambi, het die ongeluk gister omstreeks 01:00 sowat 30 km buite Okahandja op die pad tussen dié dorp en Otjiwarongo gebeur.
Lusiano was 'n sersant in die baie belangrike persone-beskermingsdirektoraat van die polisie.
Volgens Shikwambi het die bakkie van Otjiwarongo na Okahandja gereis terwyl die sedanvoertuig, met Oshakati-registrasiemerke, in die teenoorgestelde rigting gery het.
Volgens Ekandjo was Lusiano een van sy twee amptelike motorbestuurders.
“Die oorledene was nie
aan diens ten tyde van die ongeluk nie en was veronderstel om gister te werk,” het Ekandjo gesê.
Hy het gesê Lusiano het die voertuig gebruik om na sy vee naby die Oshivello-hek in die Oshikotostreek te gaan kyk.
Volgens Ekandjo is dit die vyfde motorongeluk sedert 2012 waarin sy ampsvoertuie betrokke is.
“In 2013 was 'n ander ampsvoertuig van my ook in 'n ongeluk buite Okahandja betrokke. In 2015 was 'n ampsvoertuig in die Otavi-distrik in 'n ongeluk en nóg een verlede jaar in die Kavango-Wesstreek,” het Ekandjo gesê.
In al die ongelukke was hy gelukkig om nie in een van die voertuie te wees nie.
Albei slagoffers se naasbestaandes is van hul dood ingelig. Die polisieondersoek duur voort.
- Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie