“Ek wil net foto’s neem”

Lloyd Zandberg
Lloyd Zandberg

Fotografie is ‘n kunsvorm waarby meeste oë aanklank vind, maak nie saak wie jy is nie.

Dit bly ‘n medium waardeur oomblikke in tyd en ervarings binne sekondes verewig word.

Foto’s hou ons verlede aan die lewe.

Die 26-jarige professionele fotografiese gids, Jandré Germishuizen, sê dit is juis die gedagte dat hy oomblikke met sy kamera kan vasvang wat later ’n groot effek op mense kan hê, wat hom elke oggend teen vieruur reeds voor ‘n duin laat staan.

“Dit is ‘n heerlike bederf vir my. As my kamera se sluiter eers geklap het, is ek op my gelukkigste. Gee vet,” sê hy.

Direk ná skool het Jandré op daai stukkie pad tussen Beaufort-Wes en Leeu-Gamka gery.

Hy is op pad universtiteit toe. Hy gaan swot, dit was die plan.

Dis toe dat sy pa uit die suide van Namibië bel en vir Jandré met ‘n strikvraag uitboul. Wil jy swot of hier kom werk?

Vir hom was dit ‘n maklike som.

Jandré het die bakkie se neus noord gedraai en universteit vir eers gelos.

Vandag is hy steeds in Namibië en elke oggend douvoordag in die veld.

“Ek wou nie die maklike pad vat nie. Jy weet, die hele swot, werk en normaal funsksioneer nie. Ek wou myself uitdaag en het toe maar besluit om Namibië toe te kom. Ek is nie vir ‘n oomblik spyt nie.”

Jandré se aanvoeling vir die estetiese, veral as dit by fotografie kom, is indrukwekkend. Mooi was nog nooit lelik nie, sê hy onderlangs, terwyl hy aan ‘n handgerolde twakkie trek. Dan blaas hy dit stadig by sy linkermondhoek uit en vertel van sy lewe as fotograaf.

“Die suide van Namibië was ‘n groot dryfkrag agter my beroep as fotograaf. Van kleins af het ek altyd in beelde en landskappe belang gestel, maar dit was toe ek my eerste besoek aan die Suide aflê, dat die hoendervleis op my tande en voorarms uitslaan. Ek het my kamera gergryp en my eerste lekker foto geneem.”

Volgens Jandré is jy die enigste mens wat jouself eerlik kan kritiseer.

“Jy het dit geskep. Jy moet dit evalueer. Dit is jou verantwoordelikheid om jouself die heeltyd te monitor. Die grootste fout wat mense maak, is om hulself voortdurend met ander fotograwe te vergelyk. Doen net jou eie ding. Sodra jy jou nis kry, verander alles,” sê hy.

“Ek het vir lank hier gevat en daar gelos. Ek was op soek na daai iets. Iets wat my vir ewig gelukkig kon maak. ‘n Paar jaar gelede het ek die eerste Vida e Caffè hier in Windhoek kom oopmaak. Ek hou van koffie, maar meer van die kuier om die koffie. My ma en broer is albei sjefs en ons familie geniet ‘n gesellige saamtrek. Toe besluit ek om die Vida te begin. Dit was great en een van die grootste uitdagings wat ek op so ’n jong ouderdom moes aanpak, maar ek wou. Dit was ‘n geruime tyd daarná toe ek agterkom ek brand uit. Ek moet in die veld kom. Ek moet my kamera start. Ek wil foto’s neem.”

Uiteindelik het Jandré die koffiewinkel aan ’n vriend oorgelaat.

“Ek het geweet hy sal die ou vir die job wees. Ek beskou dit as ‘n learning curve. En ek is dankbaar vir wat ‘n 9 tot 5-werk my geleer het. Toe gryp ek my Canon en laai my bakkie met ‘n bedrol en darem ‘n brood. Ek het nooit weer teruggekyk nie. Fotografie is my kos. Dit is my bestaan. Dit is ‘n groot bederf.”

Wat die meeste van Jandré se werk uitstaan, is die manier waarop hy die alledaagse ‘n ander rok kan laat aantrek.

“Die suide van Namibië is sonder enige twyfel die fotografiemekka van die land, en dit maak sin. Dit is eenvoudig beeldskoon. Die Kokerboomwoud, Sossusvlei, Dooievlei . . . Duisende fotograwe en toeriste besoek hierdie plekke en almal word elke keer deur die natuurskoon uit die veld geslaan. Ek wou iets anders doen. Ek wou nie net die dooie bome en duine afneem nie. Ek wou dit op so ‘n wyse vasvang dat dit anders en uniek lyk. Ek het dit uiteindelik gekry. En nou is ek hooked.”

Jandré sluk aan sy teugdingetjie. En rol nog een. Dan let hy die son op, wat soos snye verjaardagkoek deur die wolke breek. Hy lig beide sy hande op en vorm ‘n raam daarmee.

“Kyk gou hoe lekker is daai. Oomblikke soos dié hou my aan die gang. Dit dwing my om beter te kan sien,” sê hy.

Fotograwe is gewoonlik ouens wat maande lank sonder enige kommunikasie met die buitewêreld kan oorleef. Jandré is geen uitsondering nie. Hy is baie selde in die samelewing.

“Ek kan partykeer vir maande op die pad wees, besig om foto’s te neem,” sê hy en neem die sonsondergang sommer met sy foon af.

“Partykeer raak dit alleen, maar die meeste van die tyd is dit great. Ek ontmoet die ongelooflikste mense tydens my reise. Dit is my werk om ander fotograwe van die wêreld, en ek praat van die heavyweights, die soort wat Apple se screensavers byvoorbeeld afneem, rond te vat en al die lekker plekke te gaan wys. Dit is my soort mense. Ek leer voortdurend by hierdie mense. Ek het onlangs ‘n 6 000 km-toer deur die land gedoen en dit was weer eens een vir die boeke. Ek het ‘n baie bekende fotograaf van Rusland rondgery. En hierdie ou is nie net sommer ‘n fotograaf nie. Hy wen al wat ‘n prys is.”

Jandré is amper te beskeie.

“Ek dink ‘n mens moenie té meegevoer raak nie. Dit gaan vir my oor die foto’s en die kuns. Erkenning is natuurlik lekker, maar dit is nie hoekom ek doen wat ek doen nie.”

Vertel ons bietjie van jou lewe voor jy ‘n fotograaf en gids geword het?

Ek het in Bloemfontein skoolgegaan en het reeds tydens my jare as skolier vir die skoolkoerant foto’s geneem. Ná skool het ek my FGASA-gidskursus in Suid-Afrika voltooi en tot die slotsom gekom dat ek vir die res van my lewe in die natuur gaan werk.

Hoe het dit gebeur dat jy in fotografie beland het?

Op 15 het ek my eerste kamera gekoop. In daai stadium het ons gesin gereeld gereis en ek het altyd te veel foto’s neem. Ek onthou op een van ons reise het ek vir my pa gesê ek gaan dit eendag vir ‘n lewe doen. Waarop hy net gelag het. Ironies genoeg is dit vandag inderdaad my brood en botter.

Wat is die lekkerste van jou werk?

My kamera is die sleutel na vele avonture. As dit nie vir my kamera was nie, sou ek nooit by al die wonderlike plekke uitkom nie. My beroep laat my toe om die wêreld te sien, maar meer om dit te waardeer.

Het jy al saam met enige bekende fotograwe gewerk?

Ek werk gereeld met internasionale fotograwe omdat ek fotografiese gidswerk doen. Onder meer het ek al met Daniel Kordan en Erez Marom gewerk. Die mees legendariese natuurfotograaf van ons tyd, volgens my, Art Wolfe, doen elke jaar ‘n toer saam met my. Hougaard Malan en ek werk en reis maandeliks saam.

Watter plaaslike en internasionale fotograwe bewonder jy?

Hannes Lochner en Greg du Toit is my gunsteling- plaaslike fotograwe. Ek bewonder hul werk omdat dit elke keer vars is. Beide van hulle toon sterk eienskappe van geduld en uithouvermoë. Wat landskapfotografie betref, is Hougaard Malan beslis een van die baanbrekers. Sy werk is van die beste wat ek al gesien het.

Wat is volgens jou die mooiste foto wat jy al geneem het?

Ek vermoed dat ek nie ‘n gunsteling het nie. Ek hou wel baie van foto’s van “normale tonele” wat op “abnormale maniere” afgeneem word.

Maak duur toerusting ‘n verskil?

Dis eenvoudig: Jy kan die duurste tokse in die dorp besit, maar as jy nie ‘n bal kan raakvang nie, sal jy nooit vir die eerste span uitdraf nie.

Het jy al enige pryse met jou fotografie gewen?

Ek het al verskeie benoemings agter my naam. Onder meer het ek al in die top-10 van internasionale kompetisies geëindig. Ek werk hard en streef na internasionale sukses eerder as om pryse te wen.

Wanneer is die beste tyd om foto’s te neem?

Die mooiste tyd van die dag om kleure vas te vang, is vroegoggend en laatmiddag - voor die son opgekom het en sowat 30 minute nadat hy gesak het. Wat so besonders van die lig is, is dat dit enige oomblik kan verander. Dit bly ‘n uitdaging, veral as dit by die afneem van diere kom.

Wat is die goue reël van fotografie?

Daar is geen goue reëls nie. Jy kry net goeie foto’s. As jy ‘n pryswenner van ‘n foto neem, gaan niemand hulself enigsins aan die sluiterspoed of soort lens steur nie.

Beskryf jou werk.

Ek stel hoofsaaklik in landskaptonele en wildlewe belang, maar ek het ook ‘n voorliefde vir lugfotografie. Dit is asof die wêreld op sy kop gedraai word en die mooiste patrone en vorms vanuit die lug gesien kan word.

Buiten foto’s, skep jy enige ander kuns?

Ek speel graag kitaar vir my brak. Ek het al ‘n paar goed geskilder, maar net my ma sê dis mooi.

Wat dink jy van Photoshop? Dink jy mense misbruik dit?

Ek dink nie Photoshop is noodwendig ‘n slegte ding nie, maar geen professionele fotograaf gaan aan ‘n foto op onnatuurlike wyse peuter en daarmee wegkom nie. Daar is skerp oë daarbuite wat dit gaan raaksien.

Wanneer is ‘n foto mooi?

As iemand vir langer as vyf minute na jou foto kyk, het jy iets reg gedoen.

Dink jy die gebruik van film is besig om uit te sterf?

Ongelukkig ja, digitaal het alles vergemaklik, maar wie weet, al die ou dinge verskyn weer. Dalk gebeur dit met film ook.

Wat is volgende vir Jandré?

Ek het my eie besigheid, GoGravel, begin. Ek bied fotografiese toere aan wat op Namibië fokus. Die hoofdoel is om die reis vir fotograwe so gemaklik en toeganklik as moontlik te maak. ‘n Gids is een ding, maar ‘n gids wat ook ‘n fotograaf is, is iets anders. Ek weet presies waarna fotograwe soek en tydens hul reis wil beleef.

Waar kan mense jou werk beskou en hoe kan hulle met jou kontak maak?

My e-posadres is [email protected] en my werk is ook op Instagram te sien by @Jandre_Namphoto.

Kommentaar

Republikein 2024-05-13

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Currency: GBP to NAD 22.96 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.33 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.00/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.68/lb UP +1.56% | Zinc US$ 2 975.60/T UP 0.63% | Brent Crude Oil US$ 83.70/BBP UP +0.83% | Platinum US$ 1 001.69/OZ UP +0.86% Sport results: Premier League: Manchester United 0 vs 1 Arsenal | Nottingham Forest 2 vs 3 Chelsea | Newcastle 1 vs 1 Brighton | Wolves 1 vs 3 Crystal Palace | Everton 1 vs 0 Sheffield United | West Ham 3 vs 1 Luton Town | Bournemouth 1 vs 2 Brentford | Tottenham Hotspur 2 vs 1 Burnley | Fulham 0 vs 4 Manchester City LaLiga: Real Betis 3 vs 2 Almería | Valencia 0 vs 0 Rayo Vallecano | Atletico Madrid 1 vs 0 Celta Vigo | Cadiz 1 vs 0 Getafe | Athletic Club 2 vs 2 Osasuna | Granada 0 vs 4 Real Madrid | Villarreal 3 vs 2 Sevilla | Mallorca 1 vs 0 Las Palmas | Deportivo Alaves 2 vs 2 Girona SerieA: Atalanta 2 vs 1 AS Roma | Juventus 1 vs 1 Salernitana | Genoa 2 vs 1 Sassuolo | Hellas Verona 1 vs 2 Torino | SS Lazio 2 vs 0 Empoli | AC Milan 5 vs 1 Cagliari | Napoli 0 vs 2 Bologna | Frosinone 0 vs 5 Inter Milan European Championships Qualifying: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United English Championship: West Bromwich Albion 0 vs 0 Southampton | Norwich City 0 vs 0 Leeds United Weather: Katima Mulilo: 16° | 32° Rundu: 16° | 32° Eenhana: 15° | 34° Oshakati: 17° | 33° Ruacana: 18° | 33° Tsumeb: 16° | 30° Otjiwarongo: 14° | 29° Omaruru: 16° | 30° Windhoek: 13° | 26° Gobabis: 14° | 26° Henties Bay: 15° | 26° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 12:49, High tide: 06:50, Low Tide: 01:42, High tide: 19:35 Swakopmund: 15° | 19° Wind speed: 20km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:48, Low Tide: 01:40, High tide: 19:33 Walvis Bay: 15° | 29° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 12:47, High tide: 06:47, Low Tide: 01:40, High tide: 19:32 Rehoboth: 15° | 28° Mariental: 17° | 30° Keetmanshoop: 21° | 31° Aranos: 17° | 29° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 20° | 32° Oranjemund: 13° | 28° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 15° | 26° Lubumbashi: 14° | 28° Mbabane: 13° | 21° Maseru: 8° | 23° Antananarivo: 14° | 22° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 18° | 26° Windhoek: 13° | 26° Cape Town: 17° | 24° Durban: 17° | 25° Johannesburg: 14° | 21° Dar es Salaam: 24° | 31° Lusaka: 16° | 27° Harare: 13° | 25° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.96 | EUR to NAD 19.78 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.33 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.68 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.57 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.02 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.6 | USD to EGP 47 | USD to KES 129.98 | USD to NGN 1439.8 | USD to ZAR 18.33 | USD to ZMW 25.65 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 78464.25 Up +1.19% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1754.6 Up +1.22% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13527.01 Up +0.36% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26003.16 Up +0.05% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 348.00/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.68/lb UP +1.56% | Zinc US$ 2 975.60/T UP 0.63% | Brent Crude Oil US$ 83.70/BBP UP +0.83% | Platinum US$ 1 001.69/OZ UP +0.86%