'Ek wil mense hoop gee'

Lloyd Zandberg
Lindsey Rochelle Voigt is ‘n gebore Windhoeker, maar het die meederheid van haar kinderjare op Rehoboth derugebring.

Sy is tans besig met die finale afronding van haar vollengte musiekalbum, Renewed, wat einde September op die rakke gaan wees.

Lindsey sê haar grooste passies is musiek en God.

Sy sê sy het haar melktandjies op ‘n plaas gesny, waar haar ouers gewoon het.

“Net voor ek skool toe moes gaan, het ons dorp toe getrek.”

Lindsey is die oudste kind en ook die enigste dogter van drie sibbes. Vandag het sy twee kinders en woon in Windhoek.

Haar passie vir musiek het sy al van kindsbeen af.

“Ek het op ‘n baie jong ouderdom besef ek is mal oor skryf. Ek het selfs ‘n paar toekennings plaaslik en in Switzerland en Duitsland vir my skryfwerk losgeslaan. Een van my oorspronklike stories, wat ek as kind geskryf het, is in ‘n bundel gepubliseer.”

Haar lewe ná skool het begin met au pair-werk in Duitsland. Met haar terugkeer het sy as vryskut radio-aanbieder by Live FM op Rehoboth begin werk.

“Ek wou my deel vir die gemeenskap doen. Daarná het ek voltyds begin werk en aan my ander passie, bemarking, begin aandag gee. Ek het ‘n digitale bemarkingskursus aan die Universiteit van Stellenbosch Creative School voltooi.”

Lindsey hou haar lyf tans nog vryskut radio-aanbieder. Sy sê haar laaste program het onder meer oor korrupsie en die bekamping daarvan gegaan.

Afgesien van haar aandag wat tans net op haar musiekloopbaan is, doen sy ook oorklankwerk en inhoudsvervaardiging.

Hoewel sy dit ook geniet, het sy besef iets in haar lewe skort, en dis musiek.

“Sang is vir my soos om stories te vertel, maar met behulp van mooi melodieë. Wanneer ‘n mens sing, bring jy die karakters in die verse na vore,” sê sy.

“Ek sing vir die Here. En van Hom.”

Lindsey sê wanneer sy lof aan die Here bring, voel dit soos ‘n dam binne haar wat wil bars.

“Dis die wonderlikste gevoel ooit!”

Sy vertel verder dat sang mense laat huil en lag, en dit is poëties.

“Dit gee hoop en dit bring lewe en laat mense bemagtig voel. Sang bring beweging!”

Die sang-gogga het Lindsey in 2002, op hoërskool, beetgekry. Daarná was dinge nooit weer dieselfde nie.

“Ek het net een dag besef ek hou vreeslik van die goedjies wat ek met my stem kan doen en ek het toe aan plaaslike kuns- en talentkompetisies deelgeneem, by skoolkonserte gesing en in die kerk. Ek het nooit ‘n karaoke-aand by Le Palace gemis nie.”

In 2004 het sy ‘n kans gevat en aan kykNET se Idols deelgenem. Lindsey is gekies om die kompetisie saam met Tiro Moshosho en ander sangers aan te durf.

Nadat Lindsey besef het sy wil vir die res van haar lewe sing, het haar lewe verander. Dit los mens met dit vraag waaroor sy sing.

“Ek sing oor God, Sy Woord, wie Hy is vir my, hoe Hy my laat voel en wat Hy vir my beteken.”

Haar musiek gaan oor haar persoonlike struikelblokke en hoe God haar daaruit en daardeur help.

“Ek sing oor Afrika, ek sing oor morele goed, maar God draai in die middel van al my lirieke. Daar is ‘n liedjie vir elke ding in die lewe, as ek ‘n storie sien, raak dit ‘n liedjie.”

Lindsey skryf die meeste van haar lirieke self.

“Twee van die liedjies op my album het ek nie self geskryf nie. ‘Beauty of Your Love’ is deur Peter L Peter geskryf. Ek het hom tydens die album-opnames ontmoet en ons was onmiddellik vriende.”

Die ander lied wat sy nie self geskryf het nie, met wortels in haar kindertyd, en ‘n gunsteling, is ‘Alles op die Altaar’.

“Dit herinner my aan hoe die profeet Elijah met vuur uit die hemel beantwoord is – fantastiese storie van geloof!”

Lindsey sê sy put inspirasie uit ander kunstenaars. Op internasionale front is All Sons and Daughters en Kari Jobe ’n groot inspirasie vir haar.

Plaaslike kunstenaars soos Nianell, Juanita du Plessis, Eez en Tiro inspireer haar ook.

“Die wêreld is my skilderdoek,” sê sy.

Lindsey se nuwe album gaan binnekort verskyn. Ons wou meer oor die proses en die musiek weet.

“Ek glo mens kan nie musiek of kuns in ‘n boks plaas nie. Elke liedjie se genre is anders en met ‘n bietjie Lindsey gemeng om dit ’n unieke styl te gee.”

Die liedjies het ‘n bietjie Karibiese inspirasie, reggae, en ook ’n Nigeriese gevoel.

“Die album is deur Araffath Muhuure vervaardig. Ons het dit opgeneem met die gedagte dat dit met die nasie moet praat. Dis vir oud en jonk en dis lekker musiek. Ek’t nooit gedink dit is sulke harde werk nie, ek het vreeslik baie respek vir alle kunstenaars – veral ons Namibiese kunstenaars.”

Lindsey sê sy het as jongmens baie foute gemaak en die verkeerde besluite geneem, maar dis alles ervaring wat jou uiteindelik ‘n beter mens maak.

“Ek glo ook die lewe is te kort vir almal om dieselfde foute te maak. Soms kan ‘n mens ook maar uit ander s’n leer, dan vorder jy mos vinniger.”

Daar is dinge in haar lewe wat sy anders sou wou doen, maar dis te danke aan God dat sy haarself as ‘n nuwe mens kan sien.

“Liefde en geduld is die antwoord!”

Lindsey sê dit is as gevolg van liefde dat ons almal hier is.

“Liefde is ‘n geskenk wat ons met ander kan deel.”

Die wêreld het genoeg seer, hartseer en wreedheid.

Hou Kollig dop vir datums vir Renewed se bekendstellingskonsert.

Kommentaar

Republikein 2024-05-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28% Sport results: Premier League: Luton Town 1 vs 1 Everton | Chelsea 2 vs 0 Tottenham Hotspur LaLiga: Getafe 0 vs 2 Athletic Club SerieA: Torino 0 vs 0 Bologna Weather: Katima Mulilo: 13° | 32° Rundu: 12° | 31° Eenhana: 14° | 33° Oshakati: 15° | 32° Ruacana: 16° | 33° Tsumeb: 15° | 30° Otjiwarongo: 13° | 29° Omaruru: 12° | 31° Windhoek: 12° | 27° Gobabis: 15° | 28° Henties Bay: 15° | 21° Wind speed: 28km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:39, High tide: 12:59, Low Tide: 18:48, High tide: 01:14 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 34km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:57, Low Tide: 18:46, High tide: 01:12 Walvis Bay: 16° | 24° Wind speed: 39km/h, Wind direction: S, Low tide: 06:37, High tide: 12:56, Low Tide: 18:46, High tide: 01:11 Rehoboth: 13° | 28° Mariental: 16° | 31° Keetmanshoop: 16° | 31° Aranos: 14° | 29° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 15° | 32° Oranjemund: 13° | 22° Luanda: 24° | 28° Gaborone: 14° | 28° Lubumbashi: 12° | 26° Mbabane: 14° | 30° Maseru: 10° | 24° Antananarivo: 11° | 23° Lilongwe: 15° | 28° Maputo: 18° | 31° Windhoek: 12° | 27° Cape Town: 14° | 19° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 22° | 28° Lusaka: 15° | 28° Harare: 13° | 28° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.17 | EUR to NAD 19.9 | CNY to NAD 2.54 | USD to NAD 18.5 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.95 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.9 | USD to KES 133.98 | USD to NGN 1379 | USD to ZAR 18.5 | USD to ZMW 27.1 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 76428.31 Up +0.50% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1700.24 Up +0.45% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13403.47 Up +0.61% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 26113.71 Up +6.81% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 301.81/OZ DOWN -0.0011 | Copper US$ 4.53/lb UP +1.46% | Zinc US$ 2 924.30/T DOWN -0.08% | Brent Crude Oil US$ 83.49/BBP DOWN -0.0105 | Platinum US$ 955.87/OZ UP +0.28%