Ek sal my beste lewer: Nyambe
Sokker
Ryan Nyambe, verdediger van Blackburn Rovers in Engeland en nou ook die Tafel Lager Brave Warriors, sê hy sal tydens die 2019- Afcon-kompetisie (Afrikanasiebeker) Junie in Egipte sy deel doen om sukses vir sy land te verseker.
Nyambe, wat verlede Vrydag uit Engeland in Namibië aangekom het, vertel hy het reeds met hoofafrigter Ricardo Mannetti vergader. Nyambe sê hy het ’n keuse gehad om vir Engeland te speel, maar dat sy eerste keuse op Namibië geval het.
“Ek is in Namibië gebore en die versoeking was eenvoudig net te groot om van die geleentheid gebruik te maak om huis toe te kom en vir Namibië te speel. Dit is vir my lekker en opwindend om tuis te wees. Ek droom vandat ek 17 jaar oud is daarvan om vir die Warriors te speel, maar ek het gewag tot ek volwasse genoeg is om die regte, ingeligte besluit te neem.”
Nyambe, wat regs agter speel of soms op senter uitstap, het nie veel van Namibiese sokker geweet nie. Sy siening het egter verander nadat hy Saterdagnamiddag die Standard Bank top 8-finaal by die Sam Nujoma-stadion in Katutura tussen Tigers en African Stars bygewoon het.
“Ek ken wel ’n paar ouens soos Ronald Ketjijere en ek moes die volkslied geleer het. Ek was baie jonk toe ek Namibië verlaat het. Ek het vir die grootste deel van my lewe in Engeland gewoon en sal nog baie moet leer.
“Ek glo die huidige spelers kan as ’n gedugte eenheid saamgesnoer word en goed in Egipte vaar. Hulle word as die buiteperde beskou en kan die spel dus sonder druk geniet. Ek en Mannetti het sy planne vir Afcon, asook my rol in die span bespreek.
“Mannetti lyk nogal na ’n gawe man, ek hou reeds van hom. Hy het baie moeite gedoen om my te oorreed om vir die Warriors te speel. Hy was gereeld in verbinding met my asook met my ma. Dit alleen is genoeg bewys dat hy regtig in my dienste belanggestel het.
“Ek is in die proses om vir my Namibiese paspoort aansoek te doen en hoop om dit reeds volgende week in my sak te hê. Ek gaan beslis ’n bietjie Engelse flair na die Brave Warriors bring. Ek het gehoop om ’n paar wedstryde van die Warriors op video te kyk, net om ’n idee te kry hoe die spelers speel en mekaar op die veld vind,” het Nyambe afgesluit.
Die 2019- Afrikanasiesbeker in Egipte skop op 21 Junie af en eindig op 19 Julie.
Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie