Ek is vrot van Covid-19
Ek is vrot van Covid-19

Ek is vrot van Covid-19

Mandy Rittmann
HEIDI DE VILLIERS SKRYF:

Ek is vrot van Covid-19

Dit is die jaar van aanplak en voorgee - jy sien?

Sien jy regtig? As jy vra hoe dit gaan, is meeste se antwoord met 'n glimlag in die sak - gef*k maar gefokus.

Dit laat my wonder watter een van die twee dit eintlik is, want my medemens, waar is jou lewenslus?



Dis is 'n jaar waarin die lewe net aanhou druk en druk en die land, die ekonomie en die mense maar net aanhou sluk.

Maar iewers raak dit te veel en raak almal eenvoudig net keelvol.

Jy kan net soveel sluk, voor jy begin stik en alles tot stilstand ruk.



Dit is die jaar waar ons verby mekaar stap,

Soms te bang om te groet met jou masker aangeplak.

Jou glimlag agter jou masker versteek, maar jy kan geen gesigsuitdrukking lees.

Jy sien slegs dowwe oë glimlag terug, maar vlak lê die vrees.



Ek is vrot van Covid-19, jy sien?

Want waarvoor en vir wie het hierdie jaar eintlik gedien?

Kultuursgewoontes is verbreek en families is uitmekaar geskeur.

En wat het hierdie jaar ons nou eintlik geleer?



Geleer: Wees lief vir jou medemens en waardeer mekaar.

Geleer: Kyk na jouself en jou gesondheid, dit kan jou baie kommer spaar.

Geleer: Geniet jou vryheid, dis 'n kosbare voorreg.

Geleer: Waar daar 'n wil is, is daar ook altyd 'n weg.



Ek is vrot van Covid-19

Want die negatiewe is al wat mens sien.

Sien eerder mekaar raak en geniet die klein goed,

Voor die lewe jou inhaal en ons moet sê:

“Totsiens, ouboet.”

Kommentaar

Republikein 2025-05-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer