'Ek is 'n direkte slagoffer' - Rukoro
Die Ovaherero-opperhoof sê die impak van die volksmoord strek oor geslagte heen.
Estelle de Bruyn
Geen onderskeid kan tussen die slagoffers van die volksmoord en hul nasate getref word nie.
Almal, selfs toekomstige geslagte, is direkte slagoffers.
Só sê opperhoof Vekuii Rukoro van die Ovaherero.
Hy het Donderdag op 'n nuuskonferensie gesê daar is geen verskil tussen 'n direkte slagoffer en 'n indirekte slagoffer nie.
“Ek beskou myself as 'n direkte slagoffer, al is ek nie dood nie. Wat die Duitse koloniale owerhede gedoen het, het 'n regstreekse impak op my en my kinders en húlle kinders. Die gebeure het 'n betekenisvolle sielkundige, ekonomiese en emosionele impak en ons sal dit vir geslagte lank ervaar,” het hy in 'n volgepakte Kommandosaal in Windhoek gesê.
“Gaan Okahandja toe, steek die brug na Otjiwarongo oor en die eerste kommersiële plaas aan die linkerkant is eeue lank al die Rukoro-familie se voorvaderlike grond.
“Mnr. Moses Katjiuongua, die oudparlementslid, se ma en baie ander is daar begrawe. Dit is waarvandaan die Rukoro-vegters gekom het om in die koloniale oorlog teen die Duitsers te veg. Vandag is dit die private grond van 'n Duitse familie.
Ek moes vir my 'n plaas naby Grootfontein koop en sal my skuld eendag aan my kinders nalaat.
Dieselfde geld vir tienduisende Herero- en Nama-sprekende Namibiërs.
“Ons het ons grond verloor en ons beeste is gevat sonder dat ons daarvoor vergoed is. Grond en beeste verteenwoordig vir ons welvaart, mag, 'n bron van gesag en trots - nie huise en elektrisiteit nie,” het Rukoro met verwysing na 'n Duitse voorstel vir 'n “versoeningspakket” gesê.
Mnr. Festus U. Muundjua, beskermheer van die Ovaherero-volksmoordstigting, het by dieselfde geleentheid gesê Duitse aansprake dat die vergoeding wat aan Jode ná die Tweede Wêreldoorlog betaal is, nie met die Herero- en Nama-situasie vergelyk kan word nie, is verkeerd.
Dit omdat 'n onderskeid tussen direkte en indirekte slagoffers getref word. Hy het as voorbeeld die nasate van Joodse prostitute in Duitsland genoem.
Hulle het vergoeding van die Duitse regering geëis omdat hulle die erflatings van hul moeders verbeur het. Hulle is glo uitbetaal tot die Duitse regering in 1968 die wet herroep het wat daarvoor voorsiening gemaak het.
“'n Slagoffer is 'n slagoffer. Boonop bepaal die Statuut van Rome dat geen tydsbeperkinge op volksmoorde en misdade teen die mensdom geplaas kan word nie. Dit kan so ver teruggaan as die tyd van Adam en Eva,” het Muundjua gesê.
Hy het gesê een van die redes waarom die geraakte gemeenskappe 'n hof in New York genader het om hul saak aan te hoor, en nie 'n Duitse hof nie, is omdat hulle die Duitsers nie vertrou nie.
Rukoro het op sy beurt die beraadslaging van die Namibiese regering se spesiale gesant oor die volksmoord, dr. Zed Ngavirue, met gemeenskappe, afgelag. Hy sê die stamleiers met wie Ngavirue praat, verteenwoordig maar tussen drie en vier persent van die Ovaherero en Nama.
“Hulle vertel die Duitse parlement hulle is in gesprek met die geraakte gemeenskappe, maar dit is in werklikheid net 'n handjievol mense.
“Die mense met wie hulle praat, is familiehoofde wat hoogstens 50 tot 80 mense verteenwoordig,” het Rukoro gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie