‘Ek het nie die stryd verloor’

‘Met opset’ nie by hof opgedaag

31 January 2019 | Howe
Catherine Sasman – Mnr. Phil ya Nangoloh se stryd om veteraanstatus gaan voort met ‘n nuwe hoërhofaansoek wat hy teen ‘n besluit van die Veterane se Appèlraad ingedien het.

Die hoërhofregter Harald Geier het die saak verlede week van die hofrol geskrap omdat dit volgens hom “onaktief” geraak het.

In sy nuwe aansoek hou Ya Nangoloh vol die registrateur van die hoërhof moet die saak weer op die rol sit en ‘n nuwe verhoordatum vasstel.

Hy sê in weerwil van mediaberigte hy het nie sy stryd om as ‘n veteraan van die bevrydingstryd erken te word, verloor nie.

Hy is nooit die geleentheid gegun om sy saak in die hoërhof te bepleit nie, sê hy.

Volgens Ya Nangoloh het hy “met opset” nie op 23 Januarie in die hof verskyn nie, omdat hy nooit “persoonlik” ‘n kennisgewing, deur die hof uitgereik om op 23 Januarie te verskyn, ontvang het nie.

Die kennisgewing het bepaal hy moet op 23 Januarie in die hof verskyn om te verduidelik waarom daar vir ses maande niks in die saak gebeur het nie en waarom dit nie van die rol geskrap moet word nie.

Terwyl hy voet by stuk hou dié kennisgewing is nie op hom bedien nie, hou Ya Nangoloh ook vol die tydsberekening van die kennisgewing was “onredelik en onregverdig”, omdat dit op so ‘n kort kennisgewing uitgereik is.

Laasgenoemde is skaars vier dae voor die verhoor uitgereik, waartydens dit summier van die hof geskrap en as afgehandel beskou is.

Ya Nangoloh sê hy het eerstens nie geweet ‘n regter is vir sy saak aangewys nie. Ook het hy geduldig gewag en gehoop om oor sy saak ingelig te word, wat nooit gebeur het nie.

Volgens hom het hy van die hofdatum bewus geword toe ‘n joernalis hom bel om meer oor die saak uit te vind.

Die verhoor was vasgestel vir 08:30 op 23 Januarie en hy het, ná hy omstreeks 10:30 daarvan gehoor het, hom na die registrateur se kantoor gehaas, sê hy.

Hier is hy glo in telefoniese kontak met regter Geier se sekretaresse gebring, wat hom ingelig het sy saak is van die hofrol geskrap.

“Ek was natuurlik baie geskok, sprakeloos en verpletter oor dié drastiese besluit,” sê Ya Nangoloh in sy verklaring.

Hy versoek die hof vir ‘n herlewing van sy appèl teen die Veterane se Appèlraad.

Volgens hom beteken die herinstelling van die saak dat die volledige appèl, insluitende die oorspronklike kennisgewing van appèl en ook die rekord, weer op die hofrol geplaas word.

Hy sê voorts die appèl moet weer oorweeg word omdat dit nooit verval het nie.

Die appèl spruit voort uit ‘n besluit deur die Veterane se Appèlraad om sy aansoek om veteranestatus van die hand te wys.

Die raad se argument was dat Ya Nangoloh die bevrydingstryd “verlaat” het toe hy Swapo in 1980 verlaat het.

Ya Nangoloh se verweer was Swapo moenie gelyk gestel word aan die bevrydingstryd nie, en dat die veteraneraad se besluit “politiek-gedrewe, onredelik en arbitrêr” was.

Hy hou vol hy het nooit die bevrydingstryd verlaat nie en was deurgaans daarby betrokke.

Soortgelyk

 

Honderde miljoene vir veevoer nodig

19 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer - Die 2019 droogte is ‘n omvangryke ramp en ten minste N$170 miljoen is nodig om net 5 persent van die nasionale veekudde...

Min of geen handboeke vir nuwe leerplan

19 ure gelede | Onderwys

Henriette Lamprecht – Óf drupsgewys óf glad nie. Dit is volgens verskeie skole oraloor die land die huidige stand van handboeke vir die nuwe leerplan...

Regional council must account for vandalised buildings

19 ure gelede | Infrastruktuur

AUSSENKEHR – The //Kharas Regional Council must account for government buildings that are vandalised and left to become white elephants, the minister of urban and...

Swapo beslis dorpsraadslede se lot

19 ure gelede | Politiek

Dorpsraadslede van Okahandja en Rundu moes Maandag ure lank by Swapo se hoofkantoor in Windhoek wag om te hoor wat hul lot is. Verskeie nasionale...

Groeiende stad druk rioolstelsel

19 ure gelede | Infrastruktuur

Elvira Hattingh - Die Windhoekse munisipaliteit erken sekere rioolpype in die stad moet opgradeer word om die groeiende getal stadsbewoners te akkommodeer. Terselfdertyd beloof hulle...

Weer vir 19 Februarie 2019

19 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Bloedige hittetoestande word vir die res van die week in die binneland verwag.BINNELAND: Mooiweer en bloedig warm in die ||Kharasstreek. Elders sal dit gedeeltelik...

Gammams staan steeds stil

19 ure gelede | Regering

Elvira Hattingh – Windhoek se munisipaliteit (CoW) sê hul Gammams-watersuiweringsaanleg staan steeds stil nadat swaarbrandstofolie meer as twee weke gelede in die stad se rioolstelsel...

‘Vroue is sterk’

19 ure gelede | Maatskaplik

Mariselle Stofberg – TrueKrav Namibia het Donderdag, in samewerking met die Namibiese Vrouevereniging en Kosmos, ’n praatjie oor geslagsgeweld in die hoofstad aangebied.TrueKrav bied...

Namcor wil vry van sekere wette wees

19 ure gelede | Energie

Elvira Hattingh - Namibië se Nasionale Petroleumkorporasie (Namcor) het ‘n aansoek by die Namibiese Kompetisie-kommissie ingedien om vir die volgende 10 jaar vrygestel te wees...