‘Ek het ’n seuntjie sien val’
Op 16 Junie 1976 het ek as ’n fotojoernalis vir The World gewerk. The World was The Star se susterkoerant vir die Bantoes, die swart mense. Onthou, ons het toe “aparte ontwikkeling” gehad.
Ons het gehoor daar gaan die oggend van 16 Junie ’n vreedsame betoging in Soweto wees. Destyds was ’n betoging niks snaaks nie. Vir ons was dit ’n alledaagse ding, dus het ek niks groots of belangriks verwag nie.
’n Motor van die koerant het my om sesuur daardie oggend by die huis gaan haal. Daar was drie van ons in die motor – ek, die drywer en die joernalis Sophie Tema.
Ons was nie gespanne nie, dit was vir ons net ’n gewone dag, net nog ’n betoging.
Ons het na Naledi High School gery en die skoliere daar gekry. Ek het swart-en-wit film en my Pentax-kamera by my gehad.
Die skoliere het plakkate gehad waarop daar dinge gestaan het soos: “Afrikaans must be abolished” en “To hell with Afrikaans.”
Nog een wat ek onthou, het gesê: “We are being fed by the crumbs of education.” En dan was daar ook een wat gesê het: “We are being certificated but not educated.”
Hulle het die strate ingevaar om te betoog. Ek het saam met hulle gestap. Ons het kinders by van die ander skole gaan haal. Toe ons by Orlando West High kom, was die hek gesluit. Die kinders het die hek gebreek, by die skool ingegaan en die leerlinge in die skool gaan haal om by hul optog aan te sluit.
In ’n stadium het ’n hoërskoolseun uit die rigting van Orlando-Oos na ons toe gehardloop en geskree: “Hey, majita! Amakgata sezwa zwakele! (Die polisie is hier!)”
Die volgende oomblik het ’n konvooi polisievoertuie vanuit die ooste aangery gekom. Hulle was in Kwela Kwela, soos ons die groot polisietrokke genoem het (kwela beteken “klim in”). Daar was sewe voertuie, ek het hulle getel.
Die polisieman wat in bevel was, ’n wit man, het uit een van die voertuie gespring en in Afrikaans vir die kinders gevra: “Wat maak julle kleintjies hierso?”
Die kinders het toe “Nkosi Sikeleli” (“God seën Afrika”) begin sing, ’n struggle-lied wat in daardie stadium verban was.
Die polisieman het sy vuurwapen uitgepluk en een skoot op die skare gevuur. Dit was die teken aan die ander polisiemanne dat hulle moes skiet. Hy het ook vir hulle geskreeu: “Skiet!”
Almal het toe blindelings op die skare begin skiet. Ek weet nie hoeveel polisiemanne daar was nie, maar daar was meer as 20.
In daardie stadium het ek tussen die polisie en die skare kinders gestaan. Ek was omtrent 50 m van die polisie af. Toe die eerste skoot klap, het ek weggehardloop. Ek het geskrik, want ek het nie geweerskote verwag nie.
Maar toe hardloop ek terug. En terwyl die polisie met hul gewere geskiet het, het ek met my kamera geskiet.
Ek het ’n seuntjie sien val. ’n Ander kind het hom dadelik opgetel. Toe begin ek skiet, skiet, skiet. Ek het ’n reeks van ses foto’s geskiet.
Destyds het ons met swart-en-wit film geskiet. Jy moes neem, die film aanskuif, neem, aanskuif, neem, aanskuif. Dit was nie soos vandag wat jy net die knoppie kon inhou nie.
Bloed het uit die seuntjie se mond gestroom. Die koeël is by sy oor in en by sy mond uit.
Hulle het hom by die naaste motor probeer uitkry. Dit was ons persmotor. Hulle het hom ingelaai en ek onthou hoe hy hortend asemgehaal het.
Ons joernalis en drywer het met hom na die naaste kliniek gejaag. Ek het by die betoging gebly, nog foto’s geneem.
Die seuntjie is in die motor dood. Hy was 13 jaar oud. Ek het later gehoor sy naam was Hector Pieterson.
Ek het die film met die foto’s van Hector in my sokkie weggesteek en aangehou foto’s neem.
In ’n stadium het die polisie van die toneel af gevlug. Hulle het in hul Kwela Kwela geklim en weggery.
Net een polisieman het gebly. Die kinders het al die vensters van sy voertuig gebreek en hom uitgesleep. Hulle het hom keelaf gesny asof hy ’n bok was en hom aan die brand gesteek. Dít alles het ek met my Pentax afgeneem.
Toe kom die polisie in massas terug. Met perde, honde, helikopters. Hulle het weer geskiet en traangas gegooi om die skare uitmekaar te dryf.
Ek het ’n band om my arm gedra waarop daar “Press” gestaan het, sodat hulle weet ek is nie deel van die skare nie. Maar hulle het my ook gegryp, my met knuppels geslaan en my kamera en al my films gevat. Alles behalwe een rolletjie film. Die een in my sokkie, die een met die foto’s van Hector Pieterson.
Toe die res van die skoolkinders hoor Hector is dood, het anargie uitgebreek. Hulle het ’n bottelstoor geplunder, dit aan die brand gesteek. Mense het met nat sakdoeke oor hul gesigte rondgehardloop om hulle teen die traangas te beskerm. Die polisie het aanhou skiet en aanhou traangas gooi. Dit was buite beheer.
Ek het die hele dag daar gebly. Soweto het gebrand, dit was oorlog. En dit het alles in ’n oogwink gebeur.
As ek nou daaraan terugdink, sien ek dit weer voor my. Dis ’n verskriklike herinnering. Dit vreet aan my senuwees, ná al hierdie jare.
Uiteindelik is ek terug kantoor toe en ’n tegnikus het die film ontwikkel. Daar was ’n debat in die kantoor oor of ons die foto’s van Hector moes gebruik.
Sommige het gesê dit sal ’n burgeroorlog laat uitbreek. Maar uiteindelik het die hoofredaksie saamgestem die foto móés in.
The World het ’n spesiale uitgawe oor die optog laat druk, met my foto’s in. Die volgende dag, 17 Junie, was daardie foto in al die Britse koerante, die 18de in die Amerikaanse koerante.
Die foto het iets verander.
Daarna moes ek vlug. Die polisie het my gesoek. Ek het die joernalistiek verlaat en in Lilydale, Mpumalanga, gaan bly, waar ek nou steeds woon, naby die Krugerwildtuin.
Hulle het my uiteindelik daar gekry en my vir ’n jaar en sewe maande onder huisarres geplaas.
Vandag is ek 82 jaar oud. Ek het ’n klein onderneming hier, ’n drankwinkel, en dis hoe ek ’n bestaan maak.
Ek neem steeds foto’s – van troues en samekomste en so aan, niks nuusfotografie nie, sommer net vir my eie versameling.
Vir vandag se jeug wil ek sê: Kinders is dood vir jul vryheid. Moet dit nie misbruik nie. Moenie universiteite en biblioteke afbrand nie. Gebruik dit om te leer, moenie ontwikkeling vernietig nie. Gebruik jul vryheid, benut dit, moet dit nie vernietig nie. Kinders is dood daarvoor. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie