Ek en my dierlike medeburgers
ETTEBAB SKRYF:
In “My Fair Lady” is daar 'n lied genoem “With a little bit of luck” en een reëltjie daarvan is: “When temptation comes, you'll give right in.”
Ek kan nou maar net nie die versoeking weerstaan nie, en ek gee in – verwys na WhatsApp-skrywer Gerhard Myburgh (Republikein van 2 Maart 2017) en Tanja Bause se “Nog 'n grootvoet boet met sy lewe” (die Sê maar net in dieselfde uitgawe).
Omdat Windhoek soveel “wilde” veldgedeeltes het, sal sommige diere wel nog saam met mense in Windhoek woon: meerkatte, dassies, tarentale en by tye arriveer 'n slang en 'n likkewaan, ens. ook. Ons het nou die dag 'n likkewaan gehad – siestog, die droogte dryf diere tot om in die gevaargebied (die mens se area) in te beweeg.
Ons grootste vrees is altyd eerste vir ons troeteldiere en kinders se veiligheid.
Ek het nie 'n probleem met sweepslange nie, soos my buurman eenkeer gese het: “ek worrie nie oor hulle nie, hulle kom en gaan”, dis wanneer ander slange soos mambas, pofadders, ens. hulle verskyning maak dat mens net een gedagte het: “maak dood”, want 'n mens se eerste gedagtes is dat die slang daarop uit is om jou te pik, maar dit was nie die slang se gedagte toe hy toevallig op jou eiendom beland het nie. As ons maar net ons kinders en troeteldiere kan veilig hou teen hierdie gevare.
EROS SE KESE
Jare gelede toe Erospark net begin ontwikkel het, was daar as gevolg van die asgate groot probleme met bobbejane in die straat – daardie mannetjies was GROOT en hulle slagtande was LANK. Vir die huise aan die koppe se kant, was hulle 'n erger probleem, want dit was maklik om op die dakke van die huise te kom en dan sit hulle daar ingeryg al op die nok langs, grotes en kleintjies.
Die probleem was, hulle is nuuskierig: as hulle eers 'n stoeplig ondersoek of 'n telefoondraad of 'n lugverkoeler, kan jy maar weet!
Die eienaars van nuwe huise wat nie diefwering voor die vensters gehad het nie, moes weet, bobbejaan leer gou hoe om 'n effens oop venster se armskroef te draai en venster oop te maak en sommer nog in te klim ook.
Daardie jare was papiersakke darem nog in gebruik – menige keer het ek bobbejane uit ons erf verjaag deur 'n papiersak op te blaas en dit te laat bars. Daardie knalgeluid het hulle laat spaander.
ANDER VRINNE
Dassies: probeer nou tuinmaak as jou huis teen 'n kop geleë is! Ek stel voor jy moet eers uitvind waarvan dassie se kind nie hou om aan te kou nie, voordat jy geld uitgee op plante wat so reg op dassie se spyskaart sal verskyn.
Ek stem saam dat ek nou nie te opgewonde sal wees as 'n leeu sy verskyning maak nie. My eerste gedagte sal wees: is die leeu honger of nie!?
Jare gelede het ons in die Etosha Pan by 'n watergat gekom waar daar leeuwyfies rond gelê het - en jou waarlik, buitelanders het 'n piekniektafel en stoele uit en twee kinders speel by die water. Toe ons hulle sê om onmiddellik terug te kom in hulle voertuig, was ons beloning dat hulle 'n klagte gaan indien het vir “intimidasie”. Ek kon dit nie glo nie.
Wat die mense nie aan dink nie, is die diere kom nie met opset om dood te maak of te verwoes nie. Daarom moet van die mens se kant “maak dood” nie die eerste gedagte wees nie.
EERSTE REAKSIES
Baie van mense gryp dadelik na 'n klip, want dis eerste wat in sy kop kom, maar deur eerder rustig te wees en die dier nie verbouereerd te maak nie, is dalk ook net die ding om die hele situasie te ontlont en mens en dier albei tot voordeel te strek. In die opsig dat “dood maak” nie nodig was nie.
Gerhard, as ek jy is, bekommer ek my veel eerder oor die “padvark”-bestuurders op ons paaie as wat ek my bekommer oor die diere langs die pad.
Die plaasdiere langs die pad is daar in sommige areas as gevolg van nalatigheid van die mens en ons weet mos al waar hierdie diere wel in die gange voorkom, byvoorbeeld as gevolg van droogte en daar is gras om te eet en hoe die eienaars van die diere se denke werk, dus kan ons op 'n manier wel voorbereid wees. Gewoonlik is daar wagters by meeste van hierdie diere in die gange.
Wilde diere is bloot op soek na kos en vir hulle is die veld daar as bron van kos.
Diere besef nie hoe gevaarlik die mens in sy voertuig vir beide mens en dier is nie.
Logika is mos: In die dag as jy diere langs die pad gewaar, verminder spoed. As jy dit nie doen nie terwyl jy wel die dier betyds gewaar het, is dit onverskillig as jy nie spoed verminder nie.
Soms is daardie wilde dier langs die pad 'n kans om so 'n dier te kan sien sonder dat dit in 'n boek is. Ek verstom my soms hoe “streetwise” die bobbejane langs die paaie al is, dis asof hulle lankal die berekeninge gedoen het oor hierdie goed wat so vinnig heen en weer verby beweeg.
WIE IS DIE GROOTSTE GEVAAR?
Vir selfsugtige “padvarke” op ons paaie moet jy veel meer versigtiger wees as vir die vlakvarke langs ons paaie. Ons het geen verweer teen “padvarke” nie, want hulle kry hulle “aanvalle” op die oomblik dat jy dit nie meer kan vermy nie en dan is jou lewe daarmee in een opslag verander.
Aan Tanja Bause - ek stem saam met wat jy geskryf het.
Dink daaraan: die olifant, en soos jy sê, hulle het tien teen een nie eens die regte “skuldige” olifant uitgeken nie, moet dood, want hy het 'n mens durf doodmaak.
Jy het ook dan na as 'n slang iemand pik verwys, maar kyk maar net wat kan 'n klein bosluis doen en die blikskottel kom nog weg ook!
Gepraat van die mense in Indië – moenie vergeet nie dat die mense daar ook met tiere moet saamleef, as ons nou slange en ander nie in ag neem nie.
Vir 'n olifant, sou ek sê, is jy net ongelukkig in sy pad, maar vir 'n leeu of 'n tier is jy kos!
Laaste gedagte:
Het die mense al gedink aan hoeveel mense mekaar elke dag doodmaak, aanrand, verkrag - solank dit nie 'n dier is nie, is dit "okay"? Die mens maak hoofsaaklik dood uit pure woede omdat hy nie sy sin kon kry nie, jaloesie en venyn.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie