Eis van miljoene teen regering misluk
Eise te laat ingedien
Jacqueline Louw - 'n Man wat miljoene van die regering geëis het omdat hy onder meer onwettig vir die moord op 'n skoolmeisie in hegtenis geneem is, se eis het misluk.
Die 34-jarige mnr. Junias Fillipus het skadevergoeding van altesaam N$2,7 miljoen van die regering geëis, waarvan N$200 000 vir onwettige arrestasie, N$2 miljoen vir sy aanhouding van meer as 291 dae en N$500 000 vir beweerde kwaadwillige vervolging was.
Hy het aangevoer dat hy op 27 Julie 2010 onwettig in hegtenis geneem is aangesien daar geen redelike gronde vir sy inhegtenisneming was nie. Daarbenewens het sy aanhouding hom vir nege maande van sy vryheid ontneem en ook sy reputasie en waardigheid geskend.
In sy kort uitspraak Donderdag in die hoërhof het regter Kobus Miller twee van die drie eise (dié van die beweerde onregmatige inhegtenisneming en gevangenisskap) van die hand gewys. Regter Miller sal in ’n later stadium die redes vir sy uitspraak lewer. Fillipus het wel geslaag in sy eis vir kwaadwillige vervolging en hierdie eis sal dus in die hoërhof aangehoor word. Die rede hoekom twee van die eise misluk het, is omdat hulle meer as ’n jaar na die gebeure ingestel is en dus verjaar het.
Fillipus is op 27 Julie 2010 in hegtenis geneem vir die moord op die 16-jarige Magdalena Stoffels. Sy is in ‘n rivierbedding naby die Windhoek Onderwyskollege in Khomasdal verkrag en haar keel is met ‘n stuk glas afgesny.
Fillipus is kort ná die moord ongeveer 300 meter van die toneel van die sterwende tienermeisie in hegtenis geneem, waar hy by ’n poeletjie water in die rivierloop besig was om glo bloed van sy lyf en klere af te was.
Sowat tien maande ná die voorval het die staat egter die saak teen Fillipus teruggetrek, nadat die aanklaer-generaal, me. Martha Imalwa, besluit het dat daar nie genoegsame bewyse was om hom verder te vervolg nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie