Eindtelling: Welwitschias verloor teen Georgië o.20
Rugby
Die Namibiese Welwitschias XV het hul vriendskaplike opwarmwedstryd teen Georgië by die veld van Paarl Gimnasium met 24-20 verloor.
Rustyd was die Namibiërs met 17-3 agter en het teruggeveg sodat beide spanne uiteindelik drie drieë gedruk het.
Losskakel PW Steenkamp het met ’n strafdoel en die doelskop van die flank Rohan Kitshoff se drie geslaag, maar kon nie die ekstra punte byvoeg vir die laat drieë van die reserwe-agtsteman Adriaan Booysen en buitesenter Janry du Toit nie. Hierdie vier verlore skoppunte kon vir Namibië ’n gelykopuitslag beteken het.
Vir die Welwitschias-groep het die vriendskaplike toernooi op uitnodiging teen die o.20-spanne van Suid-Afrika, Argentinië en Georgië gedien om hom op die komende provinsiale SuperSport-uitdaagreeks voor te berei.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie