Einde van pad vir Air Namibia
Einde van pad vir Air Namibia

Einde van pad vir Air Namibia

Ronelle Rademeyer
Dit is amptelik: Air Namibia gaan gelikwideer word. Die lynminister, mnr. Leon Jooste, het bevestig dié bankrot staatsonderneming wat die belastingbetaler die afgelope tien jaar bykans N$8 m iljard aan reddingspakette gekos het, gaan gelikwideer word.
"Dit is die aakligste ding wat ek nog ooit moes doen. (Ek) het met die vakbonde en bestuur ontmoet om die nuus te deel - dis hartverskeurend! Maar dit is in die beste belang van die land in hierdie stadium en ons het geen ander keuse nie," het hy aan Republikein gesê.
Alle vlugte en besprekings is van vandag af opgeskort. Die nagenoeg 640 personeellede word huis toe gestuur en sal oor die volgende 12 maande 'n ex gratia-betaling ontvang.
'n Nuuskonferensie word later vandag gehou, het Jooste gesê.

Kommentaar

Republikein 2026-06-11

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer