Eina vir Sasol op JSE nu00e1 brand in Amerika
Eina vir Sasol op JSE nu00e1 brand in Amerika

Eina vir Sasol op JSE ná brand in Amerika

Francois Williams – Sasol se aandeelprys het Dinsdag met 4% geval ná ’n ongeluk by sy chemiese aanleg by Lake Charles in Louisiana, Amerika.

Die ontploffing en brand Maandagmiddag Amerikaanse tyd by sy laedigtheid-poliëtileeneenheid (LDPE) gaan die voltooiing van die aanleg vertraag, het Sasol in ’n aankondiging op Sens, die JSE se nuusdiens, laat weet.

Dit blyk niemand is beseer nie. Die brand is geblus en alle werknemers en kontrakteurs is veilig, volgens Sasol.

Die ongeluk raak egter Sasol se planne om die nuwe chemiese aanleg betyds te voltooi. Die LDPE-eenheid was in die finale fases om in kommersiële produksie geplaas te word, maar is nou gesluit en ’n ondersoek word gedoen om vas te stel wat die ontploffing veroorsaak het, hoe erg die skade is en wat die impak is op die tydskaal om die aanleg in bedryf te stel.

Volgens Sasol is al die ander eenhede by die Lake Charles-aanleg, soos die etaankraker, nie geraak deur die voorval nie.

Daar is nog drie produksie-eenhede wat in aanbou is, wat ook nie geraak is deur die ontploffing by die LDPE-eenheid nie. LDPE is een van die basiese boustene vir plastiekprodukte soos plastieksakke, kleefplastiek, weggooibare koppies, houerdeksels of sekere speelgoed.

Teen Dinsdag laatmiddag was Sasol se aandeelprys 4% laer op R296,11. Sy beste vlak oor die afgelope 12 maande was R489,50, volgens Bloomberg-data. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A